ADSA Gratis Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap Akkommodasie 2|Accommodation 2
 

 

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map
Op|UpAkkommodasie|AccommodationAkkommodasie 2|Accommodation 2Akkommodasie 3|Accommodation 3Algemeen|GeneralAlgemeen 2|General 2Algemeen 3|General 3Algemeen 4|General 4Algemeen 5|General 5Algemeen 6|General 6Algemeen 7|General 7Algemeen 8|General 8Algemeen 9|General 9Algemeen 10|General 10Algemeen 11|General 11Huis|HomeHuis 2|Home 2Huis 3|Home 3Huis 4|Home 4Ontspanning|LeisureOntspanning 2|Leisure 2Rekenaar|ComputerRekenaar 2|Computer 2Rekenaar 3|Computer 3Rekenaar 4|Computer 4Tegnies|TechnicalTegnies 2|Technical 2
Gratis Advertensies ** Free Ads

 

 Opgedateer: 12 Januarie 2012 ** Updated: January 12, 2012

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 

 

All Seasons Gastehuis

Heerlike gasvryheid en boonop nog in Afrikaans

All Seasons Gastehuis bied praktiese, bekostigbare verblyf aan die sakebesoeker, vakansieganger of toeris. Ons is geleë in Kaapstad. All Seasons Gastehuis is nie gegradeer nie en die aantreklikheid is prys en waarde vir geld.

Ons het tien kamers waarvan vyf toegerus is met beide 'n dubbelbed en enkelbed. Die oorblywende vyf kamers het elkeen 'n dubbelbed. Kamers is ingerig as studio's en beskik oor die volgende:

 1. Selfsorg, daagliks gediens.
2. Kombuishoekie met yskassie, mikrogolf en/of tweeplaatstofie, ketel, ens. Daar is ook 'n opwashoekie met wasbak, ens.
3. En suite-badkamer met handewasbak, stort en toilet.
4. Bedlinne word verskaf, maar bring liewer u eie lekker groot handdoeke en/of strandhanddoeke. Ons verskaf wel handdoeke, maar as u vakansie hou naby die see, sal dit tekort skiet.
5. TV met talle bekende kanale.
6. 24-uur ontvangs.

 

All Seasons Gastehuis

Kliek duimnael vir groter weergawe

Pryse buite seisoen is vanaf R300 per kamer per nag, binne seisoen vanaf R450. Ons is baie gewild en dit is uiters noodsaaklik dat u vroegtydig bespreek en betaal – ons hou nie u plekkie oop bloot op telefoniese versoek nie. Oor naweke wys ek soms tot soveel as dertig gaste weg, omdat ons vinnig volbespreek is. As ander so tevrede is met die balans tussen bekostigbaarheid en kwaliteit, hoekom sal u dit nie ook so vind nie? Beplan vooruit en slaap snags goedkoop en veilig by ons, terwyl u bedags en saans meer geld het om elders te spandeer.

Wanneer u bespreek of by ons aankom, maak seker dat u sê dat u Pieter Louw se gas is! Ek is die Afrikaanssprekende gasheer van All Seasons gastehuis. Ontvangs kan my laat weet as u opdaag, ek kom graag kennis maak om u te verwelkom!

  Navrae
  Tel: +27 (0) 21 421 1299 of +27 (0) 21 439 9941
    (vra vir Pieter Louw die gasheer vir Afrikaanssprekendes)
  Faks: 086 601 4790

Benewens die All Seasons Gastehuis se oulike kamers, is ons heerlike ligging ideaal.
Dit is naby die volgende:

  • KIKS "CTICC" - 'n Internasionale konferensiesentrum

  • Middestad oos en Seepunt wes van All Seasons, aan die voet van Seinheuwel, waar die daaglikse 12-uurkanon u sal herinner aan die dae van Vryburgers en besoekende skepe

  • V&A Waterfront (Victoria en Alfred Waterfront) met sy 76 of meer eetplekke en allerhande vermaak, winkels en sommer net lekker ontspan, terwyl skepe kom en gaan. By die Waterfront word daar gedurende vakansietye elke dag 'n aantal gratis produksies by die Amfiteater aanbied. Plaaslike kunstenaars en musikante kan daar gesien word en die program is altyd interessant

  • Cape Quarter-leefstylsentrum met 'n horde eetplekke, boetieks, OTM's, spesialiteitswinkels, en baie netjiese kettingwinkels wat bogemiddelde kwaliteit bied

  • Die nuwe Kaapstadstadion, oftewel Groenpuntstadion in die volksmond

  • Langstraat se baie kuierkolle – klubs, restourante, dansplekke... en 'n mengelmoes van kleure en geure, baie gewild onder jonges van gees

  • Oop parkering oorkant die straat by die Verkeersdepartment of anders by ons ander vakansiewoonstelle binne loopafstand

Daar is ook 'n duisend en een heerlike dinge in ons omgewing om te doen.

  • Besoek Tafelberg – met of sonder die sweefspoor

  • Bootvaarte – seiljagte, die adrenalien-masjien "Jet Boat" en 'n verskeidenheid van vaartuie

  • Neem en van die talle helikoptervlugte

  • Besoek pragtige plase waar jy selfs 'n jagluiperd of arende kan besigtig

  • Gaan kuier by plaasmarkte waar jy op donkies en kamele kan ry, allerhande tuisgemaakte produkte kan koop of proe, soos kase, konfyte en ander lekker eetgoed

  • Koop 'n toeriste-kaartjie of sg "Tourist Pass" by Metrorail en gaan ry die branders by Muizenberg, kyk walvisse by St James, swem by Vishoek se lekker warm strand, eet jou oorhoeks aan vars vis, besoek die speelgoedmuseum, die Vlootmuseum in Simonstad en eet lekker Jan Ellispoeding by Bertha's. Die trein loop elke 20 minute en jy kan met die toeriste-kaartjie soveel keer in een dag op-en afklim as jy wil. Die trajek tussen Muizenberg en Simonstad veral, is sekerlik die heel mooiste treinrit ter wêreld!

  • Onthou ook van Clifton, Kampsbaai en Houtbaai se strande. 'n Mens was eers in die Kaap as jy in Vishoek, Muizenberg of Houtbaai jou "parcel"-tjie vis en tjips gekoop en dit sommer langs die see of op 'n hawemuur gaan sit en eet het. Kom terug aarde toe, ervaar die weelde van eenvoud en snuif die vars seebries van die mistige aandlug.

  • Kyk of jy dalk Kaapstad se min oorlewende vis- en witkruisarende kan waarneem. Meeste mense is onbewus van hulle bestaan, maar enkeles is steeds hier rond sigbaar per geleentheid. Gaan stap in die Kompanjestuine, geniet die kuns te kus en te keur in St George’s wandelgang, Groentemarkplein, en so meer.

  • Sweef met 'n valskerm van Seinheuwel af, klim Leeukop en vergaap jou saans aan die stadsliggies en die tablo van lig van skepe wat voor anker lê in Tafelbaai.

Daar is soveel meer om te geniet en te ontdek... vervoer is maklik; ons is op die busroete tussen Kaapstad en Houtbaai, daar is ook minibustaxi's of privaat huurmotors.

Kerk toe gaan in jou vakansie is ewe gerieflik; ons het alle denominasies naby of besoek ons nuwe gemeenskapskerk in Seepunt.

  Navrae
  Tel: (Vra vir jou gasheer Pieter Louw)
  Tel: +27 (0) 21 421 1299  of +27 (0) 21 439 9941

 

 


  Akkommodasie
  Akkommodasie 2
  Akkommodasie 3
  Algemeen
  Algemeen 2
  Algemeen 3
  Algemeen 4
  Algemeen 5
  Algemeen 6
  Algemeen 7
  Algemeen 8
  Algemeen 9
  Algemeen 10
  Algemeen 11
  Huis
  Huis 2
  Huis 3
  Huis 4
  Ontspanning
  Ontspanning 2
  Rekenaar
  Rekenaar 2
  Rekenaar 3
  Rekenaar 4
  Tegnies
  Tegnies 2

  Dienskaart
  ADSA

  Gebeure
  Help
  Media
  Produkte
  Poste
  Skole
  Vermaak

  Services Map

  Accommodation
  Accommodation 2
  Accommodation 3
  Computer
  Computer 2
  Computer 3
  Computer 4
  General
  General 2
  General 3
  General 4
  General 5
  General 6
  General 7
  General 8
  General 9
  General 10
  General 11
  Home
  Home 2
  Home 3
  Home 4
  Leisure
  Leisure 2
  Technical
  Technical 2

  Entertainment
  Events
  Help
  Jobs
  Media
  Products
  Schools

Op|UpAkkommodasie|AccommodationAkkommodasie 2|Accommodation 2Akkommodasie 3|Accommodation 3Algemeen|GeneralAlgemeen 2|General 2Algemeen 3|General 3Algemeen 4|General 4Algemeen 5|General 5Algemeen 6|General 6Algemeen 7|General 7Algemeen 8|General 8Algemeen 9|General 9Algemeen 10|General 10Algemeen 11|General 11Huis|HomeHuis 2|Home 2Huis 3|Home 3Huis 4|Home 4Ontspanning|LeisureOntspanning 2|Leisure 2Rekenaar|ComputerRekenaar 2|Computer 2Rekenaar 3|Computer 3Rekenaar 4|Computer 4Tegnies|TechnicalTegnies 2|Technical 2

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
ADSA: Aardbol op die strand  

ADSA Dienste: Bybels vir Aflaai, engel / ADSA Services Download Bibles, angel

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2012
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads