ADSA: Advertensie Diens vir die Christelike gemeenskap

Help

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map
Op|UpHelpHelp 2Help 3Help 4Help 5Help 6

  Gratis Advertensies ** Free Ads
 

Opgedateer: 12 Januarie 2012 ** Updated: January 12, 2012

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 

 

Meenthuis te Koop

Pragtige plek om in te woon

Netjiese 2-slaapkamer meenthuis is dringend te koop. Die meenthuis is in 'n veiligheidskompleks. Die eienaar móét verhuis. Prys: R650 000 (onderhandelbaar).

Alle gordyne en blindings en meeste van die tuinornamente is ingesluit in die kopie.

Die meenthuis is geleë in Modimolle (Nylstroom), Limpopo.

Soek jy 'n stukkie Bosveld? Hierdie woning is dan net vir jou.

  Navrae
  Tel: 072 172 1139
Kliek duimnael vir groter weergawe
 

 

Die Sendbrief

Daar is hoop!

Die Sendbrief (The Epistle) bied ernstige, insig-gewende, diepliggende geestelike berading aan persone wat vasgevang is of was in die strik van molestering, die hartverskeurende seer situasie van verkragting, of gebuk gaan onder die sonde en afbrekende verslawing van pornografie. Daar word op gereelde basis meer titels bygevoeg op die webwerf. Die studie- en beradingmateriaal kan gratis afgelaai word.

Uitnodigings om 'n Christengroepie, gebedsgroep, u gemeente of ander Christenbyeenkomste toe te spreek, sal ook welkom wees. Besoek Die Sendbrief vir meer inligting of skakel gerus.

  Navrae
  Webwerf: epistle.co.za
  Tel: 076 386 1780


epistle.co.za
Tel: 076 386 1780

 

 

Klerestoor

Bloemfontein

Die Klerestoor te Bloemfontein benodig dringend die volgende:

Bybels
Christelike Tydskrifte
Klere
Komberse
Linne

Hulle is in die beginfase van 'n klerestoor vir Bloemfontein en omgewing. Hulle soek ook 'n koördineerder om te help met die uitsorteer, regmaak en uitdeel van klere. Laat hoor asseblief van u as u kan help.
 

Navrae
Tel: 076 877 7121

ADSA:Die Klerestoor vir Bloemfontein en omgewing. Maak asb 'n bydrae

Navrae

Tel: 076 877 7121

 

 

Wiskunde-klasse

Wiskunde sonder trane

Wiskunde het baie waarde. Kinders moet net mooi met geduld geleer word hoe om dit toe te pas.

Ek help kinders om hulle Wiskunde-punte te verbeter en om meer insig in die vak te kry. Die klasse is vir leerlinge vanaf graad 3 tot 9.

Die Wiskunde-klasse word aangebied in Floraunaweg (Pretoria-Noord-omgewing). Kontak my gerus en ek help u kind om Wiskunde baas te raak.

Navrae
Tel: 012 546 9105 of 084 504 3948

Wiskunde hoef nie
'n nagmerrie-vak te wees nie!

ADSA: Wiskunde sonder trane

 

 

Nuwe Begin

Sentrum met Christelike inslag

Christelike bemagtiging vir middel-afhanklike persone is die enigste ware uitweg vir dwelm- en alkoholmisbruik. Nuwe Begin, in die pragtige natuurskoon omgewing van sentraal Karoo, bied individuele hulp. 'n Splinternuwe begin kan inderdaad 'n werklikheid wees.

Lees meer by die volblad-advertensie.

  Navrae
  Webwerf:nuwebeginsentrum.co.za

ADSA: nuwebeginsentrum.co.za

 

 

Bybel-versiering

Ornamentele Bybel

Ek is op soek na 'n bepaalde soort Bybel-ornament. Dit is 'n geglasuurde, versierde Bybel wat oopgemaak is by 'n seker versgedeelte. Hierdie mooi ornamente word dikwels voor in die kerk gesien.

Verkoop u hierdie soort items of het u so iets wat u dalk wil verkoop? Stuur u eposadres en meer inligting, asook die prys.

Navrae

 

 

Vakansiehuisoppasser

George, Glentana of Wildernis

Het u 'n vakansiehuis in die Tuinroete? Ek kan as huisopsigter dien in ruil vir gratis inwoning - verkieslik langtermyn. Ek is bereid om hierdie diens te doen in die omgewing van George, Glentana of Wildernis. Ek is 'n professionele dame met 'n voltydse werk. Baie betroubaar en verantwoordelik.

  Navrae
  Tel: 076 998 8153

 

 

Familiebybel

Die 1933 Vertaling

'n Persoon is op soek na 'n Afrikaanse familiebybel 1933/1953 vertaling. Indien u kan help, kontak asseblief vir Sanet.

Dit maak nie saak as dit 'n tweedehandse Bybel is nie. Die Bybel moet egter die tipiese familiebybel in groot formaat wees en in die ou vertaling. Dit moet ook al die bladsye hê en in 'n baie goeie toestand wees.

Sanet bly in Sasolburg in die omgewing van die Vaaldriehoek. Sy sal bly wees as u haar skakel of 'n eposnavraag stuur, sodat u die prys, posgeld ens kan bespreek.

 Navrae
 Tel: 083 400 9148 of 016 973 3748 (na-ure)

ADSA: Afrikaanse Familiebybel. Die 1933 Vertaling

Navrae

 

 

Op soek na "Snackle Iron"

Apparaat vir gebak

Is daar iemand wat weet waar ek 'n "Snackle iron" of "Snackle 3 in 1" kan koop? Dit maak die heerlikste tertdoppies wat dan met enige vulsel gevul kan word. Ek wil baie graag hierdie handige tertjiedopmaker bekom. Bel my asseblief as jy kan help.

  Navrae
  Tel: 072 200 5032

ADSA: Maak die heerlikste tertdoppies

 

 

Privaat Lesse

Kry betyds hulp

Sukkel jou kind met Wiskunde, Engels, Afrikaans of Rekeningkunde? Ons bied na-uurse klasse aan in bogenoemde vakke.

ADSA: Lees meer oor Wiskunde, Engels, Afrikaans of Rekeningkunde LesseLees meer

  Navrae
  072 573 1733 of 083 591 9548

ADSA: Wiskunde, Engels, Afrikaans of Rekeningkunde Lesse

Navrae

 

 

Gospel- en Countrysangers

Bied hulp aan talentvolle kunstenaars

Die gospel- en countrysangers Jan en Des is nie net sangers in eie reg nie, maar bedryf hul eie opname-ateljee. Kontak hulle vir verdere besonderhede oor opnames. Het jy 'n pragtige stem? Hulle skep geleentheid om talentvolle kunstenaars te help.

Vir meer inligting oor die bedrywighede by die ateljee, asook baie billike pryse, besoek die volblad-advertensie.

  Navrae

ADSA: Die gospel- en countrysangers Jan en Des

 

 

Dagsorg Die Wilgers

Ons dra u kindjie se belange op die hart

Dagsorg vir babas en kleuters beskikbaar in
Die Wilgers. Geregistreerde Dagmoeder met Diploma in Verpleegkunde en Diploma in Dagsorg. Ons dagsorg is in 'n veilige sekerheidskompleks geleë.

  Navrae
  Tel: 082 872 6603

ADSA: Dagsorg Die Wilgers vir sorgsame en puik diens

 

 

Professional Software

Software Development and Support Services

Do you require custom software development, or an update to your current application?
Don't have a web presence for your business yet?
Are you spending too much time finding the important email among the spam in your inbox?
Are you concerned about not having sufficient backup for your business data?
Are you tired of your unreliable small business server?
Do you want to use quality software with lower or even no license fees?

We have solutions to these problems. We provide software development and support services to enhance your business or personal computing, locally or remotely.

Read more

ADSA: Problems with spam? Solutions are available.

Based in Calgary, Alberta, Canada

Read more

 

 

Bekering

Nuwe begin

Op soek na bietjie meer inligting oor bekering en ander onderwerpe, soos redding, vergifnis, geloof of nog soortgelyke Christelike temas? Wil jy graag iemand in nood probeer bemoedig? Inligting met Bybelverse en ander Bybelaanhalings en -begrippe wat vir Christene van belang is, is beskikbaar by die onderstaande webtuiste.

ADSA: Gebed ook ander onderwerpe, soos redding, vergifnis en geloof

 

 

Rehabilitasie en Genesing

Nuwe Begin Christensentrum

Nuwe Begin Christensentrum met unieke programme wat genesing en heelmaak bewerkstellig deur die toegewyde aandag van goeie leiers.

Leer meer oor die programme en kursusse, wat toegespits is op emosionele en geestelike groei en genesing, by ons volblad-advertensie.

Navrae
Webwerf: nuwebeginsentrum.co.za

ADSA: Nuwe Begin Christensentrum

 

 

Birds, Reptiles and Monkeys

Unwanted animals

We gladly receive unwanted monkeys, birds and reptiles (including snakes). Even rats, mice and hamsters can find a home at our animal rescue centre. Any advice and useful items are more than welcome. It will be wonderful if the animals or items can be dropped off at the centre, but a bicycle is available if animals or products in the vicinity must be picked up.

If you or your company want to support or sponsors us, please contact us.

Contact us
Tel: 082 760 1827, 076 946 1687 or
012 546 4082

ADSA: Animal rehibilitation centre in Wolmer

You are encouraged to visit us at the rehabilitation centre in Wolmer, Pretoria North. Contact Linda and Billy Vos for more information.

 

 

Helping Poor Children

Please help us with our ministry

We are an Independant Charity movement established in 2007. Our main aim is to help poor and destitute children in South Africa. We supply beautiful gift hampers in order to generate an income to provide for these children.

Read more about our services and our hampers at our half page ad or visit our website for detailed information.

Read more

 

 
Problems with Holiday Accommodation? Visit Services

Probleme met Vakansie-verblyf? Besoek Dienste

ADSA: Holiday Accommodation, Vakansie-verblyf

 

 


Help
Help 2
Help 3
Help 4
Help 5
Help 6

Helpkaart
ADSA
Help Map

Dienste
Gebeure
Media
Poste
Produkte
Skole
Vermaak

Entertainment
Events
Jobs
Media
Products
Schools
Services