ADSA: Advertensie Diens vir die Christelike gemeenskap

Help 3

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map
Op|UpHelpHelp 2Help 3Help 4Help 5Help 6

  Gratis Advertensies ** Free Ads
 

Opgedateer: 12 Januarie 2012 ** Updated: January 12, 2012

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 

 

Nuwe Begin

Christensentrum

Soos 'n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!
Psalm 42:1

 

 

Nuwe Begin Christensentrum-bediening

Christelike bemagtiging is die enigste ware uitweg vir dwelm- en alkohol-afhanklikheid.

Nuwe Begin Christensentrum is op 'n pragtige plaas in die sentraal Karoo, slegs 5 km buite die dorp Beaufort-Wes geleë. Hier bied ons Christelike dwelmrehabilitasie en emosionele genesing aan mans van 18 jaar en ouer. Die sentrum is toegespits op dwelmrehabilitasie, maw die rehabilitasie van dwelms en alkohol.

Die sentrum het 'n huislike atmosfeer. Dis bekostigbaar, Afrikaans en daar word individuele aandag aan persone en hul probleme gegee. Hulp word primêr in klein groepies gegee. (16 persone maksimum). Inskakeling by 'n plaaslike Bybelskool word tans ook ondersoek.

ADSA: Begin Christensentrum

Nuwe Begin Christensentrum se program is driedelig en word aangepas namate elke individu se persoonlike behoeftes. Die program bestaan uit drie kursusse.

Die Toerus-kursus is die genesingsperiode of rehabilitasie (3 maande)
Die Bemagtiging-kursus is die onderrigperiode of dissipelskap (4 maande) en
Die Bediening-kursus is die praktiese periode of uitreiking (2 maande)

Hierdie konsep is eie aan Nuwe Begin Christensentrum en 'n samevatting van verskeie programme wat met sukses regoor die wêreld aangebied word. Ons, as Nuwe Begin Christensentrum, sal dus die eerste wees wat verskeie wenresepte in een program saamvoeg.

Nie net word die persoon hier van dwelmafhanklikheid genees nie, maar ook bemagtig om direk daarna die wêreld as 'n geestelik en emosionele volwasse wén-mens te betree, wat in staat sal wees om 'n leierskap-posisie in die samelewing te vervul.

Nuwe Begin - 12 Lewensreëls

Kliek duimnael vir groter weergawe

Drukweergawe van Nuwe Begin - 12 Lewensreëls (ODT dokument)
Drukweergawe van Nuwe Begin - 12 Lewensreëls (PDF dokument)

Die natuurprag en die omgewing waar Nuwe Begin gesetel is, is absoluut wonderskoon. Die skryfkuns in mens kry nuwe inspirasie. So beeld Jannie Engelbrecht dit uit in sy beskrywing van die milieu.

ADSA: ...terwyl 'n visarend se geroep vanaf die dam opklink."Karoolug en ruimte. Staproetes deur die veld met 'n unieke bossiegeur en rotsformasies wat jou aan kunswerke laat dink. Stilte ineengeweef met slegs die pragsang van verskeie voëlsoorte,
terwyl blouapies uit die doringbos nuuskierig vir jou loer.

Steenbokkies wat vroegoggend deur die silwerdou van die gras terugkeer uit die veld en 'n springbokram wat balhorig in die sonsondergang met sy akrobatiese kwaliteite spog,
terwyl 'n visarend se geroep vanaf die dam opklink.

Sterreprag so duidelik dit voel of jy daaraan kan raak. Hier ontmoet jy God in die volheid van Sy skeppingsprag. Hier besef jy weer wat dit is om te wees. Die onskuld en die mooi omvorm jou as persoon diep binne, sodat die waarheid van hoë morele waardes en
die regte keuses in die lewe deel van jou mens word.

God is liefde. Liefde word hier ontdek!"

Besoek asseblief ons webtuiste vir meer inligting, of maak gerus kontak as daar verdere vrae is.

   
  Navrae
  Tel: 023 414 2253 of 072 414 9700
  Webwerf: nuwebeginsentrum.co.za
 

 


Help
Help 2
Help 3
Help 4
Help 5
Help 6

Helpkaart
ADSA
Help Map

Dienste
Gebeure
Media
Poste
Produkte
Skole
Vermaak

Entertainment
Events
Jobs
Media
Products
Schools
Services