ADSA Advertisement Service for the Christian Community

Bybels

 

 Opgedateer: 10 April 2008 ** Updated: April 10, 2008

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

   
  English
   
   

Bybels vir aflaai

Die hedendaagse Christen is baie bevoorreg om die Bybel op sulke talryke plekke en in soveel variasie te bekom. Met die Internet is dit ook veel makliker en verskeie vertalings van die Bybel is geredelik beskikbaar vir studente, leraars en enige ander persoon wat die Bybel onder oë wil kry. Dan is daar ook nog oordenkings, geestelike liedere, kommentare en veel meer. Baie daarvan ook nog boonop GRATIS.

Kyk na enige van die onderstaande besoekpunte om meer te wete te kom.

 
E-Sword  (www.e-sword.net)

Hierdie gratis Bybelsagteware bied talle nuttige en interessante eienskappe vir die Christen, oa:

   

Grafiese hulpmiddels, insluitend pragtige NASA-kaarte, klassieke Bybelkaarte, en 'n Bybelatlas

Meer as 50 Bybel-vertalings en weergawes, insluitend Afrikaans (Ou Vertaling: 1933/1953), Engels, Hebreeus, Grieks, Chinees, Deens, Duits, Fins, Frans, Nederlands, Russies, Spaans, Sweeds, Thai en nog meer

Tot 4 weergawes kan in parallel gelees word

Geestelike liedere

Woordeboeke en woordelyste

Kommentare

Oordenkings

Persoonlike Studie-notas
The Sword Project  (www.crosswire.org/sword)

Hierdie Bybelsagteware het soortgelyke hulpmiddels aan die van e-Sword. Dit is beskikbaar vir Windows, Linux, Macintosh, en nog meer. Dit bied onder andere:

   
Talle Bybeltekste, in verskillende tale, van Afrikaans (Ou Vertaling: 1933/1953) en Arabies tot Swahili en Xhosa
Woordelyste en woordeboeke,
Kommentare
Geestelike boeke
Daaglikse Oordenkings

Dit is verder ook Oop-Bron kode ("Open Source code"), wat dus toelaat dat enige persoon die program kan aanpas na goeddunke, indien so verkies.

Audio Treasure  (www.audiotreasure.com)

Voorwaar 'n heerlike juweel-webwerf om te besoek. Die gesiggestremde, sowel as enigeen wat dit geniet om na Bybel-voorlesings te luister, kan groot baat vind deur die gratis oudio wat in die gewilde MP3-formaat hier aangebied word. Die Bybel en ander items word oa. in tale soos Engels, Mandaryns, Arabies, Hebreeus, Slowaaks, Punjabi, Cantonees, Urdu en Spaans aangebied.

Daar is ook skakels na ander bronne waar Bybel en Christelike audio-materiaal afgelaai kan word.

Nuwe toevoegings tot hierdie webwerf bevat Gratis Christelike Liedjies en Gesange, sowel as skakels na Gratis Christelike (www.freechristianaudiobooks.com) en Klassieke Oudio-Boeke. Die oudio is in MP3, AAC en M4B formate, sodat dit ook op MP3-spelers en die Ipod geluister kan word.

Ons dank aan die persone wat sulke webwerwe skep waar die Christen tuis kan voel en boonop nog God se Woord al hoe beter kan leer ken, deur 'n verskeidenheid van hulpmiddels.

 

 

 Bybels
 Lees
 Lees 2
 Lees 3
 Lees 4
 Lees 5
 Rekenaar
 Rekenaar 2
 Rekenaar 3
 Rekenaar 4
 Reken nou net
 Reken nou net 2
 Reken nou net 3
 Reken nou net 4
 Reken nou net 5
 Reken nou net 6
 Reken nou net 7
 Reken nou net 8
 Reken nou net 9
 Reken nou net 10
 Reken nou net 11
 Reken nou net 12
 Reken nou net 13
 Swartlys

 Dienste
 Gebeure
 Help
 Poste
 Produkte
 Skole
 Vermaak

 Mediakaart
 ADSA
 Media Map

 Bibles
 Computer
 Computer 2
 Computer 3
 Computer 4
 Read
 Read 2
 Read 3
 Read 4
 Read 5
 Blacklist

 Entertainment
 Events
 Help
 Jobs
 Products
 Schools
 Services

Op|UpBiblesBybelsLees|ReadLees 2|Read 2Lees 3|Read 3Lees 4|Read 4Lees 5|Read 5Rekenaar|ComputerRekenaar 2|Computer 2Rekenaar 3|Computer 3Rekenaar 4|Computer 4Reken nou net!Reken nou net! 2Reken nou net! 3Reken nou net! 4Reken nou net! 5Reken nou net! 6Reken nou net! 7Reken nou net! 8Reken nou net! 9Reken nou net! 10Reken nou net! 11Reken nou net! 12Reken nou net! 13

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
ADSA: Kat en worshondjie  

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2008
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads