Volksbasuin
Insiggewend en Informatief
Die hedendaagse mark is deurspek met allerlei leesstof en inligting. Meeste daarvan met swak, misleidende en Christelik-afbrekende inhoud. Die Volksbasuin daarenteen bied leersame, insiggewende en Bybels georiënteerde artikels. Hierdie tydskrif hanteer talle belangrike onderwerpe wat die Christen raak en waaroor dikwels verwarring bestaan.
Waar kry mens deesdae inligting van 'n wyer strekking, sonder dat feite verdraai word, of bloot net behoorlik informatief is? Volksbasuin raak baie sulke besprekingspunte wat hoog op die gemeenskap en Jan Publiek se geselslysies is, deeglik aan en op 'n goeddeurdenkte wyse.
Artikels in die Volksbasuin bespreek onder andere onderwerpe wat simboliese inhoud het, soos die betekenis van 'n vlag en die vyf punte van 'n ster. Daarmee saam is ook goed nagevorsde inligting oor Suid-Afrikaanse geskiedenis en algemene wêreldgeskiedenis bygevoeg, wat met sorg hanteer is.
Die Volksbasuin bied ook selfs wenke aan soos die nuttigheid van byvoorbeeld kaneel, uie en suurlemoene. Vir die jongspan is daar oulike verhale en daar is ook blokkiesraaisels vir heerlike ontspanning.
Wat die Volksbasuin so indrukwekkend maak, is die besondere aandag wat gegee word aan Bybelinhoud en Christelike begrippe en waardes wat ons daagliks in ons lewens raakloop. Die aanslag is kontemporêr en baie netjies saamgestel. Nie alleen is die inhoud keurig en insiggewend nie, maar die illustrasies is mooi en toepaslik.
Inhoud van vier van die uitgawes van Die Volksbasuin is soos volg:
Meer oor die Inhoud…

Dis nou die geleentheid om daardie slegte en
afvallig en boonop baie duur tydskrifte, wat soms nog in jou huis beland,
dadelik uit te gooi en jou geld op iets waardevol, nuttig en leersaam te
spandeer.
Christene het regtig baie min goeie leesstof
en Afrikaanse leesstof, in goeie smaak, is byna onverkrygbaar. Moenie hierdie
geleentheid verspil nie! Bestel nóú die Volksbasuin of koop dit sommer
dadelik. Jy sal so heerlik lees, jy sal wens die Volksbasuin se nuwe
uitgawes was weekliks
beskikbaar.
Waar is die Volksbasuin beskikbaar en waar kan dit in die hande gekry word?
Die Volksbasuin kan gekoop word by Ds Spangenberg. Jy kan dan die Volksbasuin deur die pos ontvang.
Vir dié wat nuuskierig is en nie kan wag nie, is daar goeie nuus. Die Volksbasuin kan ook maklik en gou deur vonkpos ontvang word. Ja, hierdie pragtige blad is beskikbaar in 'n aflaaibare PDF wat sommer so op jou werkstasie gelees kan word. Skryf nou in, maak die betaling en die blad word dan op gereelde basis na jou eposbus gestuur. Geen gesukkel met posgeld nie. Te heerlik!
Die prys vir hierdie pragwerkstuk is meer as billik. Vir die gedrukte weergawe is dit R30 (per uitgawe) en vir die vonkpos-weergawe, maar net R15 (per uitgawe).
Vir persone wat buite Suid-Afrika woon en werk is hierdie die ideale geleentheid om weer heerlike Afrikaanse leesstof te ontvang, sonder die gesukkel van posgeld en verskepingsprobleme. As u tog wel die mooi gedrukte weergawe eerder wil ontvang, word dit met graagte gestuur. Buitelandse postariewe sal op aanvraag beskikbaar wees.
Stuur 'n navraag en voorsien jou eposadres of skakel vir meer inligting.
Tel: 082 819 7101
|
|
Posadres:
Die Redakteur
Volksbasuin
Posbus 352
Jan Kempdorp
8550 |
|