ADSA FREE Advertisement Service for the Christian Community

Reken nou net!

 

Opgedateer: 12 Januarie 2012 ** Updated: January 12, 2012

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 

 

 

 

Die Skrif

Laat God se lig in en deur jou skyn.

 

 

Vir die gelowige is die Heilige Skrif, die Bybel, die allerbelangrikste boek ter wêreld. Soos daar in die Woord staan:

"Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid." (2Ti 3:16)

   
Deur die eeue het baie politieke leiers, slegte vorse en wrede konings en koninginne met hul drakoniese optredes die gebruik van die Bybel probeer ontmoedig, of dit deur wetgewing verbied.

Menige martelare moes bloed vergiet en hul lewens verloor om die Woord van God, naamlik die Bybel, se inhoud te verdedig, uit te dra of oopgestel te kry aan die gemeenskappe waar hulle as Christen-gelowiges die vaandel van ons Christelike oortuiging moes uitleef.

 
Mense soos Gutenberg en Martin Luther het 'n ingrypende rol in die beskikbaarmaking van die Bybel in volkere se moedertale gespeel.

Deesdae is die studie van die Bybel en bybelvertalings, danksy sulke gelowiges, wat die stryd deur die versterking van die Heilige Gees aanhou veg het, baie meer beskikbaar vir Jan Publiek. Daar bestaan ontelbare hulpbronne om die bybelvertalings al hoe beter na te vors en sodoende God se Woord al hoe beter te verstaan. Ooreenkomste en verskille en selfs onderliggende motiverings in vertalings kan met groter presiesheid nagegaan word.

Die Bybel is ook lankal nie meer net beskikbaar op perkament, boekrolle, in baie ou manuskripte of selfs in gedrukte formaat nie, maar dit het die nuwe tegnologie, naamlik rekenaars en die Internet, ook begin benut.

Mag gelowiges die voorregte wat daar deesdae nog bestaan rondom die vryelike gebruik van die Woord, waardeer. Soveel Christene het afgedwaal, lou geword en hul verhouding met die Here bestaan nog kwalik. Hul bekering was 'n sag geprewelde ja'tjie iewers voor 'n kansel of om 'n kerkkampvuur met die dowwe sleepvoetige deelneem aan tradisies en rituele vir 'n kortstondige rukkie daarna.

Hul liefdelose verhouding met God het geen diepte of erns nie. Dit bestaan uit die lang gape van verveling, belangeloosheid in die wonderlike genade wat God hul daagliks skenk, en selfsugtige skietgebedjies met 'n lang inkopielys van gee, gee, gee. Dié ongehoorsame rebellie van erns maak met God en Sy gebod, is 'n baie ernstige saak.

Die wêreld hou Christene dop en sien skaars die verskil tussen ons en die goddelose heidene. Baie sogenaamde Christene bly saam, vloek saam, drink, dwelm en dobbel saam en verwag dan dat hulle nog geseën moet wees in hul sondige doen en lates!

Daar is ook deesdae al hoe meer teësin en weerstand teen Christene en ons Bybel. So is daar byvoorbeeld "vooruitstrewende" lande waar die Bybel nou in skole en in die openbaar of werksplek verbied word. Gebed in die openbaar word met afkeur en bespotting bejeën. Daar word teenoor Christene gediskrimineer bloot omdat hulle in die Verlosser Jesus Christus glo en God in waarheid wil aanbid.

Verdraagsaamheid vir bygelowe en afgodery en immorele losbandigheid word van ons geëis, maar teenoor die Christen is daar geen sprake van verdraagsaamheid nie. Probeer maar net in die openbaar of in 'n groot groep verklaar dat Jesus die enigste weg na saligheid is, en kyk hoe snak sommige van dié wat teenwoordig is van verontwaardiging!

Die inhoud van die Bybel word verwring om elke hoek en draai, bevraagteken en beredeneer deur "geleerdes" en "wetenskaplikes"; swak vertaal en ontleed met misleidende politieke en ander bymotiewe; terwyl die goddeloses, die "ontwikkelde moderne mens", dit probeer afkraak as 'n mitiese fantasie. Iets wat lankal uitgedien is, argaïes, uiters outyds en regtig net maar iets is wat saam met die ark en "bell bottoms" uit die mode geraak het.

Daar kom 'n geslag en 'n tyd waarin die gelowiges en die Bybel met absolute haat en afsku hanteer sal word, maar ons God is die Enige, Ware en Heilige God, vyande ten spyt.

Waardeer jy die feit dat jy jou Bybel kan oopmaak en lees? Waardeer jy God se liefde wat deur die eeue gesorg het dat jy 'n Bybel kan hê? Gaan dan nou in jou binnekamer en bid tot Hom wat Sy liefdesboodskap tot daar in jou siel en hart gebring het. Lees jou Bybel met groter verantwoordelikheid en getrouheid. Begin die woorde en waarhede van die Skrif met dieper erns en intensheid, met groter sorg uitleef en kyk hoe die Here jou al hoe meer leer en seën.

'n Verlore wêreld met derduisende afvalliges wag om uit die duistenis gelei te word en die oesland is groot. Die genadegawe van Jesus se kruisdood vir ons sondes, bly dié wonderlikste waarheid wat die mens ooit kon te wete kom. Bid en werk tot eer van God en laat God toe om die wyshede in die Bybel in en deur jou te laat werk!


 

 En die heerlikheid van die HERE sal geopenbaar word,
en alle vlees tesame sal dit sien:
want die mond van die HERE het dit gespreek.

Jesaja 40:5
 

Besoek gerus ook

Die Bybel
Die Hervorming
Bekering
Vertalings en elektroniese hulpmiddels

 

 

 

 

 Bybels
 Lees
 Lees 2
 Lees 3
 Lees 4
 Lees 5
 Lees 6
 Lees 7
 Rekenaar
 Rekenaar 2
 Rekenaar 3
 Reken nou net
 Reken nou net 2
 Reken nou net 3
 Reken nou net 4
 Swartlys

 Dienste
 Gebeure
 Help
 Poste
 Produkte
 Skole
 Vermaak

 Mediakaart
 ADSA
 Media Map

 Bibles
 Computer
 Computer 2
 Computer 3
 Read
 Read 2
 Read 3
 Read 4
 Read 5
 Read 6
 Read 7
 Blacklist

 Entertainment
 Events
 Help
 Jobs
 Products
 Schools
 Services

Op|UpBiblesBybelsLees|ReadLees 2|Read 2Lees 3|Read 3Lees 4|Read 4Lees 5|Read 5Lees 6|Read 6Lees 7|Read 7Rekenaar|ComputerRekenaar 2|Computer 2Rekenaar 3|Computer 3Reken nou net!Reken nou net! 2Reken nou net! 3Reken nou net! 4

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
ADSA: World, Tree and Acorns  

ADSA Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap (engel)

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2012
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads