ADSA Advertisement Service for the Christian Community

Reken nou net! 12

 

 Opgedateer: 5 Julie 2008 ** Updated: July 5, 2008

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 

 

Interessante wetenswaardighede en ditjies en datjies

 

 

Die wonderlike wêreld van die natuur 5

 

Tuine

Tuine is van die vroegste tye af al deel van die mens se geskiedenis. In Genesis lees ons van die Tuin van Eden en al die jammerlike gebeure daar. Later in die Bybel word daar ook talle kere gepraat van koninklike tuine. Vir Christene het die Tuin van Getsémané groot simboliese waarde, omdat ons Heiland gereeld daar gebid het en veral in die tyd voor Hy gevange geneem en gekruisig was.

ADSA: Garden with Wisteria in full bloom
Kliek foto vir groter weergawe

Tuine kom in baie vorms en style. Dit kan begin by enkele blombakke met kappertjies, malvas of kruie op 'n sonnige vensterbank, of mooi huisplante in 'n binnehoftuin of voorportaal, tot by die bekendste formele tuine van die wêreld wat akkers beslaan.

Daktuine se waarde om die omgewingshitte teë te werk en die omgewingsbewaring te bevorder word deesdae intensief ondersoek. Sommige stede begin nou al hoe meer van daktuine gebruik maak om hitte teë te werk.

Slegs enkele balkonblombakke kan die woonstelbewoner se balkon pragtig versier en daardie tikkie uniekheid aan die balkon verskaf, of dit nou met dwergpalms of met gesiggies of mooi angeliere beplant is. 'n Pragtige tuin dra baie by tot die waarde van 'n omgewing en eiendom.

Sommige groot gebou-ontwerpe sluit ook deesdae al hoe meer natuurlike plant-areas in en groot winkelsentrums het die waarde van eetplekke in pragtige tuin-omgewings, direk in hul winkelkompleks, begin waardeer en gebruik.

 

 

ADSA: Tuine* ADSA: Gardens
Kliek foto vir groter weergawe

Die waarde van die gewerskaf in die tuin vir ontspanning, is bekend en dié wat dit nog nie probeer het nie, verloor regtig 'n wonderlike ervaring. Daar is byvoorbeeld groepe wat bejaarde tuiniers saam met jong kinders die tuine laat ontwikkel. So 'n groepspoging bring baie plesier vir beide die bejaarde, wat sodoende kennis kan oordra en sosiaal weer kan deelneem aan 'n groeps-ontwikkelingsprojek, asook die kinders wat die samesyn geniet en baie op die koop toe kan leer en te wete kom by die ouer garde.

 

 

Die afhanklikheid van voedsel vir stede en gemeenskappe van groot kwekerye en boerderye is al hoe meer duidelik as mens na al die verskeidenheid vrugte, groente, kruie en plante kyk wat deesdae in die mark aangebied word. Hier speel dinge soos kweekhuistonnels, hidroponika en ander kweekmetodes vir vrugte, groente en kruie 'n groot rol.

Die belangrikheid van tuine as deel van herstel-oorde, by hospitale en gesondheidsoorde word ook algemeen aanvaar en pragtige tuine maak dikwels deel uit van sulke plekke se ontwikkeling. Dit bied rustige en aangename areas wat ideaal is vir genesing.

Herinneringstuine bied geleentheid vir introspeksie en parke kan heerlike ontspanning vir gesinne en hul troeteldiere bied, om nie eers te praat van fotografie-entoesiaste nie.

 

 

Die besigtiging van bekende tuine het so gewild geraak dat toere gereeld gehou word. Hoewel tuine van die ooste en weste nogal verskil, bly die essensie van die doel van 'n tuin basies dieselfde. Dit is dat blomme, bome, plante, struike en tuinkuns en ornamente soos potte, kruike, figure, klokke, sonhorlosies, asook ander versierings soos boë, brûe, fonteine, somershuisies en pilare, ens. aangewend word om 'n rustige en estetiese atmosfeer te skep, waar die gees en siel weer verkwik kan word. Bekende tuiniers of tuinbouers was oa mense soos John Tradescant, Andre le Nôtre, William Robinson en Gertrude Jekyll. Baie bekende tuine kom regoor die wêreld voor. Sien 'n lysie van sulke bekende tuine hieronder.

ADSA: Tuine, bloeisels aan bome * ADSA: Gardens, blossoms on trees
Kliek foto vir groter weergawe

 

 

As mens alles wil leer wat daar te leer is van tuine en die hantering van plante, bome, struike, rankplante, groete en vrugte, blombakke en huisplante, grond, water, insekte en ander tuinlewe, moet jy maar weet dat jy lewenslank ingeskryf is by daardie skool. Benewens al die duisende dinge wat tuine reeds deur eeue gebied het, word daar baie nuwe biologiese en tegnologiese dinge ontdek en hibrides geskep en ontwikkel wat die tuin 'n feesplek maak. Dit wag net vir die gewillige hande om die ruimte en geleenthede te benut.

ADSA: Tuinwerk

Lys van bekende tuine

 
Adelaide se Botaniese Tuine (Australië)
Abbotsbury Gardens Hierdie tuine se swane-area is van besondere belang
Die bekende Keukenhof
Leidense Botaniese Tuine
Paloma Tuine (Nieu-Seeland)
Cross Hills Garden (Nieu-Seeland)
Christchurch se Botaniese Tuine (Nieu-Seeland)
Die bekende kinderverhaalskrywer Beatrix Potter se huis en tuin in Skotland. Besoek enige van die volgende 3 skakels:
Bell's Cherrybank Gardens (Skotland)
Glamis Kasteeltuine (Skotland)
Logan Botanic Garden (Skotland)
Royal Botanic Garden, Edinburgh
Kirstenbosch Botaniese Tuine (Kaapstad)
Pretoria se Nasionale Botaniese Tuine
Nikka Yuko Japanese Tuin te Lethbridge, Alberta, (Kanada)
Jeanne d'Arc Tuine in Quebec
Woodleigh Tuine op Prince Edward-eiland, Kanada.
Besoek hul tuine en galery wat oulike replikas vertoon
Tuine by Versailles (Parys)
Majors Hill Park in Ottawa, Kanada.

 

Lees gerus ook by:
Top Tien Tulpe
Lieflike Lelies
Blomme
Bome

 

 

 

 

Romantiese Rose

Rose is een van daardie mooi, romantiese blomsoorte wat baie gewild is en wat harte reg oor die wêreld daagliks verbly.   Selfs 'n siek mens kan liries raak oor rose, want die geure en kleure is baie besonders. En met name wat klink na musiek en kleure wat uitbundige en asemrowend is, is dit ook geen wonder nie. Hier is die name van sommige van die pragtige rose: Bettina, Blessings, Polar star,Tenerife, Golden Slippers, Laughter Lines, Sea Pearl, Easter Morning, Handel, Rainbow's End,

 

Celestial,  Belami, Golden Cascade, Double Delight, True Love, Porcelain, Charisma en talle ander pragtiges. Daar is 'n geur, kleur en grootte vir elke smaak.

Daar is boon-op ook nog talle soorte rose vir die kieskeurige tuinier. Daar is die pragtige klein miniatuur-rosies wat hoofsaaklik huise, blombakke op die patio, kantore en die siekekamer verfraai, maar daarmee saam ook nog 'n hele aantal ander. Die struikrose, stamrose, kruiprose wat as handige grondbedekkers dien, en die baie gewilde rank- of klimrose, is alles deel van hierdie wonderlike blomsoort, genaamd rose.

Dit maak nie saak of dit van die edelrose is wat gekweek word vir skou doeleindes, of dit van die mooi versorgde struikrose in die voortuin is, of net van die oudtydse rankrose in oumagrootjie se agtertuintjie is nie. Rose dra iets unieks by tot die omgewing.

 

In antieke Krete en Egipte is afbeeldings van rose op paleismure of in grafkelders of ander geboue gekry. Rose was ook al deel van die formele tuine in die antieke Griekse tyd en die Romeine het roosblare vir allerlei items of produkte  en geleenthede benut. Op beddens, op vloere, in medisynes, parfuums en voedsel. Die Romeine was waarskynlik van die eerste volke wat rose in kweekhuise hanteer het.

Die Rosa Gallica en Rosa Alba uit dié area van Europa is glo die oeroue voorouers waaruit hedendaagse veelsydige rose kom.

 

Natuurlik het die ooste ook sy eie soortige rose gehad deur die eeue. Kruisings met die Chinese rose het gelei tot die pragtige verskeidenheid van rose wat deesdae ons huise, tuine en omgewings so pragtig verfraai.

Rose is ook nie net nuttig as versierings nie, maar daar is ook roossaad-konfyt, roosasyn, roosheuning en die blare kan gekristalliseer word vir koekversierings. Pot-pourri is ook gewild vir laai-, kas- of kamerverfrissers.

Dalk is 'n pragtige roos of drie net die perfekte dankiesê-geskenk vir daardie baie spesiale en pragtige persoon wat jou lewe so mooi en lieflik maak.

Meer inligting oor rose:

www.helpmefind.com
www.ars.org

 

 

 

 Bybels
 Lees
 Lees 2
 Lees 3
 Lees 4
 Lees 5
 Lees 6
 Rekenaar
 Rekenaar 2
 Rekenaar 3
 Reken nou net
 Reken nou net 2
 Reken nou net 3
 Reken nou net 4
 Reken nou net 5
 Reken nou net 6
 Reken nou net 7
 Reken nou net 8
 Reken nou net 9
 Reken nou net 10
 Reken nou net 11
 Reken nou net 12
 Reken nou net 13
 Reken nou net 14
 Swartlys

 Dienste
 Gebeure
 Help
 Poste
 Produkte
 Skole
 Vermaak

 Mediakaart
 ADSA
 Media Map

 Bibles
 Computer
 Computer 2
 Computer 3
 Read
 Read 2
 Read 3
 Read 4
 Read 5
 Read 6
 Blacklist

 Entertainment
 Events
 Help
 Jobs
 Products
 Schools
 Services

Op|UpBiblesBybelsLees|ReadLees 2|Read 2Lees 3|Read 3Lees 4|Read 4Lees 5|Read 5Lees 6|Read 6Rekenaar|ComputerRekenaar 2|Computer 2Rekenaar 3|Computer 3Reken nou net!Reken nou net! 2Reken nou net! 3Reken nou net! 4Reken nou net! 5Reken nou net! 6Reken nou net! 7Reken nou net! 8Reken nou net! 9Reken nou net! 10Reken nou net! 11Reken nou net! 12Reken nou net! 13Reken nou net! 14

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
 

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2008
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads