ADSA Advertisement Service for the Christian Community

Reken nou net! 13

 

 Opgedateer: 5 Julie 2008 ** Updated: July 5, 2008

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 

 

Interessante wetenswaardighede en ditjies en datjies

 

 

 

Die wonderlike wêreld van die natuur 6

 

 

Insekte

Insekte is deel van die phylum Artropode. Ander klasse in hierdie hoofgroep is diere soos krappe, krewe, spinnekoppe, skerpioene, duisendpote en nog talle ander. Die insekte is egter die grootste klas met meer as 900,000 spesies.


Kliek foto vir groter weergawe

 

Insekte word uitgeken aan die feit dat hulle geleedpotig is met 'n eksoskelet en gewoonlik 3 pare pote en die meerderheid het ook vlerke.

Insekte kom in die meeste wêrelddele voor. Van die insekryke oerwoude waar dié diertjies in hul veelvoudige en veelkleurige vorms voorkom, tot die koue Antartika. Van die dorre woestyne tot die diep grotte met hoë humiditeit. Sommige insekte kom oor wye gebiede voor en andere weer net in baie spesifieke areas.

Insekte verskil in grootte, kleur en vorm. Daar is saamgestelde oë, enkelvoudige ogies kan ook wel voorkom en die monddele word vir verskeie funksies aangewend soos byt, suig of prik. Die gelede voelhorings dien vir tas, reuk, sowel as kommunikasie. Die bors wat uit drie segmente bestaan, het elk 'n paar gelede pote en meestal ook twee stelle vlerke.

Iets interessants wat by sommige insekte voorkom, is metamorfose. Daar is twee soorte metamorfoses. Die volledige en die onvolledige vorms. Insekte lê eiers en by die volledige metamorfose kom daar 'n ruspe uit die eiertjies, wat dan later 'n papie word, waaruit die volwasse insek na vore kom.

Sommige insekte het nie 'n papie-stadium nie, maar daar is gewoonlik dan 'n nimf-stadium.


Kliek foto vir groter weergawe

Skoenlappers is so pragtig kleurvol en baie gewild. Baie mense stel belang in hulle en neem graag foto's en lees op oor dit. Daar is selfs vlindertuine in plekke soos Maleisië en in spesiaal geskepte areas van dieretuine reg oor die wêreld.

 

Mens is terdeë bewus van die skade wat insekte kan aanrig. Die boerderybedryf, tuinbou en talle ander plekke het baie kere probleme met dié klein diertjies. Insekte dra ook siektes oor. Die 10 plae waarvan in die Bybel gepraat word, het oa muskiete, steekvlieë en sprinkane genoem as plae.

 

Tog is daar ook groot waarde en nut by sommige insekte. Daar is byvoorbeeld die afbreek van afvalstowwe wat deur meeste insekte gedoen word. Die bestuiwing van plante, wat noodsaaklik is vir vrugwording, voedsel en saad is 'n uiters belangrike taak van insekte. Insekte is ook 'n voedselbron vir ander diere en benewens bye se geweldige bydrae aan bestuiwing van vrugtebome, ander voedselsoorte, blomsoorte ens, verskaf hulle ook heerlike en gesonde heuning.


Kliek foto vir groter weergawe

Vir meer inligting oor insekte besoek enige van die volgende webtuistes.
 

 

Top Tien Tulpe

Tulpe het is nie net pragtig nie, maar het 'n interressante geskiedenis. Tulpe het so gewild geraak in Holland in die eerste deel van die 17de eeu, dat tot 'n woord, nl. tulpomania, ontstaan het. Tulpomania is die koorsagtige begeerte om tulpbolle te bekom en te kultiveer. Groot somme geld is gedurende hierdie goue eeu van tulpe van hande verwissel.

Vandag bly tulpe nog steeds baie gewild en word wêreldwyd bemark en uitgevoer vanaf Holland. Hoewel die Noordelike halfrond die tulpemark begin het, het die verbouing van tulpe tog uitgebrei na ander lande, soos Amerika (bv. die Pella tulpefees in Iowa) en Suid-Afrika (Belfast-Dullstroom omgewing). Dan het Kanada ook jaarliks 'n groot tulpefees om vrede en vriendskap te herdenk.

 

Tulpsoorte varieer geweldig. Daar is effe-kleure, gespikkeldes en dubbelkroonblaarsoorte. Die tradisionele groot rooi en geel tulpe bly baie gewild, maar die kartelrand "parrots" is miskien die mees eksotiese van die hedendaagse uitvoere.

Vir meer oor hierdie pragtige groep bolplante, sien ook:

www.tulipfestival.ca
www.pellatuliptime.com

 

 

Lieflike Lelies

Lelies is een van die mees veelsydige plantsoorte. Daar is 'n veelkleurige geskiedenis vir plante in hierdie groep, of plante wat in die volksmond as lelies bekend staan. Die Bybel maak talle aanmerkings oor lelies en snaakse plante wat glad nie soos lelies lyk nie, word tog onder hulle geklassifiseer. So kry mens bv. die eienaardige Josuaboom (Yucca brevifolia) wat in woestynagtige wêrelddele aangetref word. Hierdie doring-kaktusagtige plante se bestuiwing word aangehelp deur die Pronuba motjie. Om meer te wete te kom oor lelies, kyk na:

 

www.naturegraphics.net
 
 Om meer te lees oor die Josuaboom, kyk by:
waynesword.palomar.edu
www.americansouthwest.net

 

 

 

 Bybels
 Lees
 Lees 2
 Lees 3
 Lees 4
 Lees 5
 Lees 6
 Rekenaar
 Rekenaar 2
 Rekenaar 3
 Reken nou net
 Reken nou net 2
 Reken nou net 3
 Reken nou net 4
 Reken nou net 5
 Reken nou net 6
 Reken nou net 7
 Reken nou net 8
 Reken nou net 9
 Reken nou net 10
 Reken nou net 11
 Reken nou net 12
 Reken nou net 13
 Reken nou net 14
 Swartlys

 Dienste
 Gebeure
 Help
 Poste
 Produkte
 Skole
 Vermaak

 Mediakaart
 ADSA
 Media Map

 Bibles
 Computer
 Computer 2
 Computer 3
 Read
 Read 2
 Read 3
 Read 4
 Read 5
 Read 6
 Blacklist

 Entertainment
 Events
 Help
 Jobs
 Products
 Schools
 Services

Op|UpBiblesBybelsLees|ReadLees 2|Read 2Lees 3|Read 3Lees 4|Read 4Lees 5|Read 5Lees 6|Read 6Rekenaar|ComputerRekenaar 2|Computer 2Rekenaar 3|Computer 3Reken nou net!Reken nou net! 2Reken nou net! 3Reken nou net! 4Reken nou net! 5Reken nou net! 6Reken nou net! 7Reken nou net! 8Reken nou net! 9Reken nou net! 10Reken nou net! 11Reken nou net! 12Reken nou net! 13Reken nou net! 14

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
 

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2008
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads