|
|
|
 |
|
|
Interessante wetenswaardighede en ditjies en datjies
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Rekenaarhulpmiddels
2
|
|
|
|
 |
|
|
Is daar Gate in jou Skild?
Toets jou Kwesbaarheid!
Gebruikers van Microsoft Windows het deesdae al hoe meer kwellinge. Dink maar
aan die
Blaster
en SoBig.F
wurms, en talle nuwe aanvalle op die sekuriteit van jou rekenaar. Jy weet nou reeds van
Antivirus-programme en
Vuurmure,
en het dit nou reeds op jou stelsel geïnstalleer.
Maar hoe gaan jy weet of dit (redelik) veilig is? Deur dit te toets, natuurlik!
Jy hoef nie spesiale kennis te hê om 'n paar eenvoudige toetse te laat uitvoer nie. Daar
is verskeie opsies, waarvan 2 hier genoem word.
ShieldsUp! is 'n toets wat help
om die kwesbaarheid vir aanvalle op jou rekenaar se poorte deur die Internet te bepaal.
Gaan na die opskrif ShieldsUP!! Services, en gebruik die
toetse in die raampie (File Sharing, Common Ports, Messenger
Spam, ens.) Die Blaster wurm het juis die kwesbaarheid van sekere poorte gebruik.
Op dieselfde webwerf is daar nog 'n belangrike toets genaamd
Leaktest, waarmee bepaal word of kwaadwillige
programme dalk buite toe kan kontak maak. Vir ander verwante inligting, sien ook
http://grc.com/default.htm. |
 |
|
|
|
 |
|
|
Doen 'n in-diepte ondersoek
Is jou harde skyf gefragmenteer? Is daar spioenware ("spyware") of
virusse op jou masjien? Hoe goed is jou Internet-verbinding? Hoe veilig is jou Internet
verbinding? Neem jou Microsoft Windows rekenaar vir 'n ondersoek, en kry ook antwoorde op
talle ander vrae! Jy kan jou rekenaar sommer in die huis laat toets, deur by
PC Pitstop (http://www.pcpitstop.com)
aan te klop. |
|
|
|
 |
Daar is statistieke oor al die ander rekenaars wat getoets is,
sodat jy kan weet hoe jou masjien daarteen opweeg. Kundige aanbevelings word dan ook
gemaak, oor hoe om die sekuriteit te verbeter, of hoe om ander probleme op te los. Daar is
selfs forums oor talle ander kwale, en ervarings en raad wat onder gebruikers uitgeruil
kan word. |
|
|
|
 |
|
|
Maak epos skoon voor
dit in jou "Inbox" kom
Haal Microsoft Windows-virusse en allerhande ander gemorspos ("spam")
uit jou epos voordat dit in jou gewone eposprogram (Mozilla
Thunderbird, Microsoft Outlook, Microsoft
Outlook Express, ens.) kan kom. (Party mense noem dit sommer Outlook-virusse,
omdat dit primêr Outlook is wat so kwesbaar is.) |
 |
|
|
|
Op hierdie manier kan die virusaanhangsels nie kans kry om uit te voer nie, en kan
jy ook filters opstel om selfs alle epos vanaf 'n spesifieke sender of domein summier te
swartlys. Jy kan ook bekende senders op 'n vriendelys plaas, wat dan altyd sal deurkom.
Een so 'n program is Mailwasher. Boodskappe
kan in gewone teks gelees word en direk uitgevee word in Mailwasher. Die name van
aanhangsels kan ook ondersoek word, om te sien of dit dalk potensiele virusse kan bevat.
(Die onlangse vlaag van Sobig.F-wurms is deur Mailwasher as virusse aangedui, en is met
gemak uitgevee op 'n Windows 2000 masjien, sonder enige "Service Packs" vir die
bedryfstelsel of Outlook 2000.) Gemorspos bevat dikwels verwysings na HTML-dele of prente,
wat van buite afgelaai word met 'n spesiale identifikasie-kode, wat dan vir die sender 'n
bevestiging is dat die posbus nog bestaan. Dit dien as aanmoediging om nog meer gemors te
stuur. Dit kan vermy word deur hierdie boodskappe uit te vee in Mailwasher. 'n Verdere
eienskap is dat party boodskappe met die bonsfunksie ("bounce") na die sender
teruggestuur kan word, op so 'n manier dat dit lyk asof dit nie afgelewer kon word nie.
Dit werk natuurlik nie in die gevalle waar die boodskap met 'n vals afsender-adres gestuur
is nie.
Die huidige gratis weergawe van Mailwasher is beperk tot slegs een eposrekening.
Die kommersiële weergawe Mailwasher Pro ($37) het
nie hierdie beperking nie. Die laaste gratis weergawe wat meer
as een rekening kan hanteer (en
nog deur die uwe gebruik word), kan afgelaai word deur op
Google
te soek na "mailwasher2b28.exe". |
|
|
|
 |
|
|
| |





















































|