ADSA FREE Advertisement Service for the Christian Community

Reken nou net! 2

 

Opgedateer: 20 November 2014 ** Updated: November 20, 2014

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 

 

Skrikkeljaar
Die Aarde
Jaarplante
Nader aan die Natuur
Lig 'n unieke Natuurwonder
Kuns

 

 

 


Groter weergawe

Skrikkeljaar

Baie dinge verander daagliks om ons. Daarom is dit nogal gerusstellend om te weet dat die kalender met redelike reŽlmatige pas die dae, weke, maande en jare aftel.

Dit was natuurlik in die verre verlede nie so nie. Baie soorte kalenders en tydhou het bestaan. Omdat daar nog min kennis van die omwenteling van die aarde om die son was en ander wetenskaplike sake soos seisoene en die draai van die aarde om sy eie as, was die jaarkalenders en dae nog nie so goed georden soos vandag nie.

 
Die Romeine het die samestelling van die hedendaagse kalender grootliks beÔnvloed en Julius Caesar het veranderings aan die kalender laat aanbring, sodat die kalender 365 dae het en met 12 maande met die volgende name: Januarie, Februarie, Maart, April, Mei, Junie, Julie, Augustus, September, Oktober, November en Desember.


Groter weergawe

 


Groter weergawe

Die jaar se aantal dae word bepaal deur die tyd wat dit die aarde neem om 'n volledige omwenteling om die son te beweeg. Dit neem ongeveer 365 dae, of om dit meer presies te sÍ, 365 en 'n kwart dag (365.242199), maar deur die eeue het dit stelselmatig verander. Dit het stadiger geword weens oa die stadiger pas wat die aarde om sy eie as draai, asook die klein wisseling in die aarde se wentelbaan om die son. Dis min, maar tog oor tyd waarneembaar. Vandaar die skrikkeljaar wat nie net 365 dae het nie, maar 366.
 
Elke 4de jaar word daar 'n skrikkeldag bygevoeg in die maand Februarie, sodat hierdie maand in skrikkeljare nie net 28 dae het nie, maar 29 dae. Hierdie aanpassing was egter nie voldoende nie en daarom is besluit om elke 100ste jaar nie 'n skrikkeljaar te hou nie, maar wel elke 400ste jaar om die kalender mooi in pas met die omwenteling van die aarde se as te hou.

Die onlangse skrikkeljare was in 2000, 2004, 2008 en natuurlik nou in 2012. Die volgende skrikkeljare sal DV wees in 2016, 2020, 2024, 2028, 2032, 2036, 2040 en 2044.


Groter weergawe

 

 


Groter weergawe

Die Aarde

Soos 'n pragtige blou bal hang dit in die ruimte ó die aarde. Dit is deel van die Melkwegsonnestelsel en in 'n afstand van die son wat net absoluut korrek is vir die wonderlike lewe wat op die aarde voorkom.

 
Die aarde is baie klein, gemeet teen ander buurplanete wat sy ruimte deel. Dit is eintlik maar net Mars Mercurius en Venus wat kleiner is. Die aarde is die 3de planeet van die son af en het ook 'n maan soos baie ander planete in die heelal.

Die aarde het 'n atmosfeer en dŪt tesame met die magnetiese veld, werk wonderlik om die mens, plant- en dierelewe te beskerm teen die son se kragtige bestralings. Die omtrek van die aarde is ongeveer
40 075 km en die deursnee ongeveer 12 742 km.

Dit wentel op sy eie as elke 24 uur en daarom geniet die mensdom iewers op die aarde elke 24 uur 'n splinternuwe dag. (Ja, dit is nie sonsopkoms nie, maar in der waarheid eintlik die aarde wat weer dieselfde sy na die son draai, sodat dit lyk asof die son opkom oor die horison)

 
Die aarde se wentelbaan om die son, in die vorm van 'n ellips, neem ongeveer 365 en 'n kwart dag en ons jaar en kalender werk dus rondom daardie waarde.

Een van die mees verbasende feite vir aardbewoners is dat die seisoene bestaan. Die aarde se helling ten opsigte van die son en sy wentelbaan om die son, veroorsaak dat seisoene bestaan. Weerpatrone word ook deur hierdie aspek geraak. Die vier seisoene, naamlik lente, somer, herfs en winter het baie invloed op plant-, dier- en menselewens.


Groter weergawe

 
Benewens die aarde se unieke plek in die sonnestelsel, het die aarde op sigself ook wonderlike eienskappe. Daar is 'n aantal kontinente, meestal omring met oseane. Glorieryke gebergtes en grootse landskappe met miljoene unieke plante en diere is teenwoordig op die aarde. Mere en watervalle, woestyne en moerasse, woude en grasvlaktes en derduisende ander natuurverskynsels, soos warmwaterbronne, vulkane, diep klowe en grotte en die wyd uitgestrekte oseane kom ook op die aarde voor. Natuurlik is die feit dat vars water op ons planeet teenwoordig is, van kardinale belang vir ons almal.
 


Groter weergawe

Die mensdom in sy veelsydige volkere kom in baie tale, nasies en kulture voor en stede, dorpe, plase en megastede word oral op die aarde gevind. Dit bly egter die pragtige afgeleŽ en besondere natuurskone dele van die aarde wat nog die mens se aandag trek en ons nog gedurig herinner watter voorregte dit bied.
 
Daar word die afgelope dekade baie gepraat oor die sg oorverhitting van die aarde of dan nou deesdae die nuwe "buzzword" by name klimaatsverandering. Daar is ook kommer oor die osoonlaag en die invloed wat besoedeling op dit het, al dan nie. Hoewel die onderwerp van klimaatsverandering en die vernietiging van die osoonlaag nou deesdae meer van 'n politieke speelbal geword het, bly dit belangrik dat die mens nie sy omgewing en daarmee saam dan die aarde as geheel, besoedel of so bemors en verniel dat geslagte wat na ons kom, die wrange vrugte daarvan sal moet pluk nie.


Groter weergawe

 
Om die aarde behoorlik te benut, en met respek te leef in die natuurskoon met die talryke besondere plante en diere wat ons nog deesdae kan sien, is 'n voorreg wat ons met sorg moet hanteer. Hoe meer ons natuurlike woude, moerasse en talle ander landskappe bemors, hoe meer impakteer en benadeel ons die uiters brose ekologie in daardie gebiede. Dit lei weer tot die uitsterf van pragtige en baie unieke plante en diere. En wie verstaan al ten volle watter wondermiddels vir genesing, voeding of oorlewing in daardie natuurskatkamers nog te vinde is?

Die oorbenutting van grondbronne en die besoedeling van water- of seehulpbronne is deesdae aan die orde van die dag, terwyl dit eintlik die hele mensdom knou.

Die aarde is uniek, besonder pragtig en die natuurskoon gedy nog op enkele plekke. Kom ons doen ons bes om dit goed en netjies na te laat ter wille van ons eie gewetes en vir die geslagte wat nog kom.

Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan,
die wÍreld en die wat daarin woon;
Psalm 24:1 'n Psalm van Dawid.

  Meer oor:
Seisoene
Blomme
Bome
Insekte
Landskappe

 

 

Jaarplante

Eenjarige plante verskil van meerjarige plante in diť sin dat die plant 'n volledige siklus vanaf saad tot vrug in 'n aantal maande voltooi en dan afsterf, nadat dit geblom en saad gedra het. Eenjarige plante moet gewoonlik jaarliks weer gesaai of gekweek word. Eenjarige plante het dikwels pragtige skouspelagtige blomme en besondere kleure en meestal soet en aangename reuk en is baie gewild by bloemiste en blommekwekers oral oor.

Boere reg oor die wÍreld weet hoe belangrik die ploeg en saai in die regte seisoene is vir hul oeste. Die inwerking van die seisoen en meegaande weersomstandighede is baie belangrik vir goeie oeste soos groente en talle soorte graan wat eintlik ook maar meestal eenjarige plante is.

 
Vir die tuinier is die draai van die seisoene vanaf winter na lente ook 'n wonderlike geleentheid, want dan word dit tyd om die allerpragtigste eenjarige plante te plant en te geniet in die tuin en huis. As mens in die suidelike halfrond bly is die beste planttyd vir jaarplante ongeveer vanaf September tot einde Oktober. As mens in die Noordelike halfrond bly, kuier die lente en somer ander tye by jou en is die regte tye vir eenjarige plante vanaf ongeveer middel Mei tot einde Junie. Die beste tyd om jaarplante te plant is wanneer die baie koue weer soos ryp of sneeu nie meer te wagte is nie.

By jaarplante kan die saadjies kort voor die lente al in saadpannetjies binnenshuis of in 'n kweekhuis gekweek word. Maar al die moeite en aandag is wel die pragtige vertoon van mooi jaarplante werd.


Groter weergawe

 
Menige baie mooi plante val in die jaarplante-groep. Van die soorte wat maklik vanaf saad groei is byvoorbeeld kappertjies, Namakwaland madeliefies, pronkertjies, Afrikaners, petunias, gesiggies, die bekende Jakob-regop's en hanekamme en leeubekkies.

Pragtige eenjarige rankers is byvoorbeeld purperwinde of die sg. "Morning Glory", die Chileense ranker met sy warm oranje klein buisvorminge blommetjies, die Cobaea of katedraalklokke, die helder geel kanarie-ranker vanuit Ecuador en Asarina of die rankende klimleeubekkie.

 


Groter weergawe

Daar is nog honderde ander soorte eenjarige plante en gewildheid verskil van omgewing na omgewing en land na land, kultuur na kultuur en ook volgens persoonlike voorkeur. Deesdae word die keuses ook al hoe wyer as gevolg van hibriede, ontwikkeling in kweekhuistegnieke en die groter sukses met die kweek en oes van veldblomsaad.

Om sake nog meer interessant te maak, is daar ook sommige meerjarige plante wat as eenjarige plante bemark en verkoop word, veral in lande wat in kouer sones of plantgebiede is en waar daar strawwer winters met sneeu is. In hierdie groep is daar bv. Yslandse papawers, malvas, stokrose en ook plante met knolle soos begonias en kannas.

 
Ruikers of 'n mooi houer met plantjies of selfs pakkies saad, bly altyd welkome geskenkies, veral vir tuinliefhebbers. Min kan ook die pragtige vertoon van 'n hele bedding van byvoorbeeld kleurvolle blommende nemesias of viooltjies oortref. 'n Klein bietjie meer kleur in 'n blombak of hangmandjie of
-bak kan sommer nuwe dimensie aan die stoep, binnehof, patio of veranda gee en selfs die punt van heel aangename gesprekke word.
 
En wie van ons ken nie die heerlike reuk van pronkertjies nie. Dit kondig mos die lente behoorlik aan. Die pronkertjie het egter nie so heerlik geruik toe die eerste sade in 1699 gebruik is deur Dr. Uvedale, 'n onderwyser in Engeland. Die sade van die pronkertjies het hy ontvang vanaf 'n Sisiliaanse monnik, Franciscus Cupani, wat die saad vir hom gestuur het vanuit SisiliŽ. Dis egter 'n kranige Skotse tuinier Harry Eckford, wat die oorspronklike pronkertjies deur kruiskweking tot die pragtige en welriekende jaarplant ontwikkel het. Uit hierdie pogings het onder andere die pragtige ligroos pronkertjies (Dorothy Eckford), die rooi pronkertjies (King Edward VII) en die lila-kleurige pronkertjies (Lady Grisel Hamilton) voorgekom.


Groter weergawe

 
Krisante het 'n ryk geskiedenis en is al so vroeg as die 15de eeu voor Christus in Sjinese werke beskryf en tekeninge van diť mooi plant is ook op blompotte en ander pragtige porselein te siene gewees.

In die 8ste eeu na Christus maak die Krisant sy verskyning in Japan en daar word dit toe, weens die groot gewildheid daarvan, sommer deel van die koninklike seŽl.

 


Groter weergawe

Hoewel daar al 300 jaar voor Christus deur die Griekse filosoof Theophrastus melding in sy biologiese studies gemaak is van blomme wat hy Dianthus genoem het, is hierdie wonderlike snyblomme deur die Sweedse botanis Carl Linnaeus as die genus diathus geklassifiseer. Hierdie heerlike blomme het ook baie impak rondom die Moedersdag-gebeure, omdat Anna Jarvis in 1907 seuns en dogters gevra het om angeliere aan hul moeders te gee as dankbetuiging op Moedersdag.
 
Die pragtige en handige kappertjie kom oorspronklik van Peru en is deur die Spaanse veroweraars in die laat 15de en vroeg 16de eeu na Europa geneem. JesuÔetiese sendelinge het aangedui dat die Inkas dit as slaai gebruik het. Ons almal weet watter wonderlike kleur hierdie plant in die tuin gee en dit lok baie vlinders en bye. Kappertjies is die ideale saadjies vir beginner-tuiniers en tuin-entoesiaste. Dis meestal baie suksesvol en pragtig.
 
Bloedrooi papawers het groot herinneringswaarde vir Kanadese. Dit simboliseer en herdenk die dood van talle Kanadese soldate wat onbaatsugtig hul lewens gegee het in oorloŽ soos die Tweede WÍreldoorlog en dit koppel ook met die gedig: "In Flanders fields" van John McCrae. Die eerste gedeelte lui so:

"In Flanders fields the poppies blow
Between the crosses, row on row,
That mark our place; and in the sky
The larks, still bravely singing, fly ..."

'n Pragtige simbool van eer vir mense in die vorige dekades wat nog hoŽ morele waardes gehandhaaf het.


Groter weergawe

 
Jaarplante se blom- en leef-tydperk is wel net 'n seisoen, maar dit dra pragtig by tot die tuin en algemene omgewing se kleur. Die voller en kleurvolle blomme lok insekte soos skoenlappers, bye en liewenheersbesies, sowel as pragtige voŽls wat op hul beurt bydra tot beter ekologie in die tuin en omliggende areas.


Groter weergawe

Die lente is 'n vreugde vir meeste mense en die nuwe lewe wat baldadig vertoon word met die pragtige blommekleure, bly 'n genotvolle ervaring en 'n lus vir die oog.
 
Kort lysie van gewilde jaarplante

Die onderstaande lysie is 'n goeie beginpunt, maar die lys van jaarplante is veel, veel langer en gretige tuiniers weet al te goed hoe heerlik dit is om nuwe of onbekende en interessante jaarplante te saai en te probeer kweek. Probeer gerus en geniet dit!

Allyssum (Lobularia maritima) ook bekend as "Sweet Alice", "Sweet Alison"
Antirrhinum (beter bekend as leeubekkies)
Asters (is die Griekse woord vir ster)
Calendula (Gousblomme)
Campanula (Klokkiesblom) Die woord campanula beteken klein klokkie in Latyn
Chrysanthemum (Krisante)
Chentaurea Cyanus (Koringblommetjies)
Coleus (Josefskleed)
Convolvulus (Trompetterblom of Purperwinde)
Dianthus (Angeliere)
Gazania
Godetia (Satynblom)
Iberis in Engels bekend as Candytuft. (ook genoem die heuningblom)
Lobelia (Kardinaalsblom)
Madeliefies
Marigold (Afrikaners)
Nasturtiums (Kappertjies)
Nemesia
Papawers
Petunias
Portulacas (Tuinvygie)
Ranonkels
Sonneblomme
Verbenas
Viola of "Pansy" (Gesiggies)
Zinnias (Jakob-regop) Kry hul naam vanaf die Duitse botanikus Johann Zinn.

 

Vir meer inligting oor:
Asters besoek gerus: ontariowildflowers.com
Krisante besoek: nybg.org
die rooi papawers en hul simboliek vir Kanadese, besoek: legion17.ca
Blomme besoek die blommegalery
Rose besoek: Romantiese Rose
Lelies besoek: Lieflike Lelies
Tuine besoek ons Tuine-artikel
Pragtige tulpe besoek ook Top Tien Tulpe
 Moedersdag
 

 


Groter weergawe

Nader aan die Natuur

Met die geweldige tegnologiese ontwikkeling in hedendaagse tyd, het dit vir ons moontlik geword om met behulp van satelliete en ander dinge soos ruimte- en pendeltuie alreeds stukkies van die omgewing van die sonnestelsel, wat ons met ander planete soos Saturnus, Mars en Venus deel, te begin ontdek. Satelliete met kragtige teleskope soos die Hubble, het wonderlike dinge oor die planete en sterre en ander hemelliggame begin terugsein soos inligting beskikbaar raak.

 
Foto's en baie data het beskikbaar geword agv die ruimtenavorsing en die mens kan maar net verwonderd wees oor alle navorsing rondom, nie net dinge in die ruimte nie, maar ook hier op die aarde. Dieselfde soort satelliete wat van die naaste sonnestelsels vir ons sigbaar maak, wat skaars met die blote oog van die aarde sigbaar is, versamel en maak ook nou inligting beskikbaar vir talle dinge hier op die aarde. Groot weerstelsels, wind en seestrome se bewegings, die impak van bv aardbewings, droogte, see-getygolwe en so meer, kan deesdae vanuit die ruimte waargeneem word en word hoofsaaklik deur die Internet aan Jan Alleman blootgelÍ.


Groter weergawe

 


Groter weergawe

Die wonderwerke in die natuur van sulke dinge soos die son, verre planete, die dansende middernagligte, die helder maan en maansverduisterings, die diep blou see, kolossale bergreekse, groot en bruisende riviere of watervalle, oerwoude en woestyngebiede en groot uitgestrekte mere, om maar net 'n paar te noem, bly juwele wat ons die voorreg het om te kan aanskou. Daar is egter ook 'n ander wonderlike deel van die natuur, wat net so asemrowend is.
 
In die gejaagde lewe van vandag is mens so geneig om bo-oor die wonderwerke in die "kleine" te kyk, terwyl dit eintlik oop en bloot onder mens se neus is of aan die gebeur is. Die wonder van 'n roosknop wat ontvou, die vlinder wat met trillende vlerkies sit en suig aan nektar, die visarend wat duik vir sy kos, die pragtige patrone van 'n boom se stam of blare, die mooi kleur van 'n kindjie se oŽ en der duisende ander sulke dinge. Dit laat mens dink aan die woorde van die ou liedjie "...en stap viooltjies fraai verby wat aan jou voet gedy"


Groter weergawe

 


Groter weergawe

Fotograwe en amateur-fotograwe wat die wÍreld van die makro-lens betree het en sulke makro-foto's begin neem het, weet maar al te goed hoe hierdie deel van die natuur op sy eie 'n pragtige deel van ons omgewing is en baie daarvan sommer ook net direk in ons eie agtererf. Deur sulke foto's te neem, gaan daar nie net vir mens nuwe deure van ontdekking oop nie, maar mens leer geweldig baie van biologie, fisika en die inwerking van die verskillende dinge in die natuur op mekaar.
 
Deur die fyn nuanses van die natuur vas te vang op 'n foto, kan baie geleer word, maar die blote genot om pragtige dinge te sien, bly een van die groot voorregte vir 'n mens. In die klein dingetjies kan die Skepper se Hand duidelik gesien word, as mens maar net met 'n oop hart, oop gemoed en 'n oop paar oŽ wil kyk. En wat 'n groot wonder bly dit nie om so, op daardie manier nader aan die natuur te kom.


Groter weergawe

 

Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voŽls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee;
of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel.
Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van die HERE dit gemaak het nie?
Job 12:7-9

Fotogalery
  Meer oor:
Blomme
Bome
Insekte
Fotografie
 

 

Lig

Lig kom oorspronklik van talle voorwerpe af, hoofsaaklik vanaf die son. Dit kan ook op kunsmatige maniere verwek word, oa deur elektrisiteit. Lig is 'n stralende energie (elektromagnetiese straling van golwe) wat die visuele sensors prikkel en deur die oog waargeneem en deur die brein vertolk word. Die strale wat sigbaar vir die mens is, wissel tussen 3900 en 7700 angstrom en dit beweeg teen die spreekwoordelike ligspoed van ongeveer 299,792.5 kilometers per sekonde in 'n vakuum. Natuurlik verander die spoed as dit deur voorwerpe gaan. Lig bestaan uit klein lig-energiedeeltjies, genoem fotons.

 
Daar is ook ander elektromagnetiese strale wat nie sigbaar is vir die menslike oog nie, soos infra-rooi, ultra-violet en mikrogolf-, gamma- en x-strale. Lang golwe is bv. radiogolwe en kortes is x-strale.

Ligstrale volg 'n reguit pad, totdat dit deur 'n blink oppervlakte weerkaats word. Dit word dan weerkaatsing genoem. Deur sommige stowwe binne te dring kan ligstrale ook gebreek word en in die proses word die spoed dan ook verander. Dit word refraksie genoem, maar staan ook bekend as ligbreking of straalbreking.

Candle, flowers, books and tamboura (ADSA Media, subject Light)
Groter weergawe

 

Sonstrale en rotse (ADSA Media onderwerp, lig)
Groter weergawe

Voorwerpe absorbeer sekere kleure en weerkaats ander. Kleur bestaan uit verskillende golflengtes van kleur, met swart as die ene wat alle kleure absorbeer en niks uitstraal nie. By groen plante word alle kleure behalwe groen geabsorbeer en dus is groen alle kleure behalwe groen. Dieselfde geld vir ander kleure. As 'n voorwerp bv rooi lyk is die voorwerp eintlik alle kleure behalwe rooi. Die naam vir 'n kleur word dus gegee nav die kleur wat weerkaats word.
 
Sonlig bestaan uit verskillende golwe en om daardie rede kan kleure soos rooi, groen, ens, gesien word as 'n prisma gebruik word om straalbreking te veroorsaak. Daglig bevat al die kleure en daarom kan mens al die kleure in reŽnboŽ waarneem as die son op vogtigheid en druppels weerkaats. Die reŽnboog se kleure is in die volgende volgorde: rooi, oranje, geel, groen, blou, pers of dan indigo en violet. Dit is die enigste strale wat op natuurlike wyse sigbaar is vir die mens en 'n totale kombinasie van die kleure word witlig genoem. Dit is Newton wat ongeveer 1670 agtergekom het dat sonlig 'n kombinasie van al bg kleure is. Die hemel is bv blou, omdat sonlig op die molekules in die lug val en die lig strooi. Omdat blou meer verstrooi as ander kleure, lyk die lug dan blou.

Boom, sneeu en lamp (ADSA Media, onderwerp lig)
Groter weergawe

 
Optika is die studie van lig en 'n spektroskoop is een van die belangrike instrumente wat gebruik word om lig te op te breek, sodat die eienskappe van lig beter bestudeer kan word.
 

Noorderligte: ADSA Media afdeling tema lig
Groter weergawe

By plante kan die groot invloed van lig goed waargeneem word. Lig het 'n invloed op die chlorofil in plante. Die chlorofil word in staat gestel om koolstofdioksied uit die lug te neem as voeding en dan suurstof beskikbaar te stel. Hierdie proses is natuurlik lewensbelangrik vir alle lewende wesens, omdat ons suurstof inasem en daarvan leef.

As dit donker is, stel plante egter ook koolsuurgas vry en absorbeer suurstof net soos ons. Sonlig en die groei van bome, plante en groot woude is dus baie belangrik vir die mens se welsyn.

 
Die invloed van lig op die mens se gees kan ook waargeneem word in die behandeling van bv depressie. Dit word ook beweer dat die mens seisoenwisselinge goed kan waarneem deur lig se veranderinge in die verskillende seisoene en dat persone wat nie baie daglig sien nie, sekere kwale kan ontwikkel en ook 'n tekort aan Vitamien D kan hÍ. In die dele ver van die ewenaar, soos Kanada en Noord-Europa, waar daglig ure min is en die winter soms langer kan luier, neem mense Vitamien D-aanvullings.
 
Ander noemenswaaardige onderwerpe om aan te raak by die tema van lig is weerkaatsings, lense en lasers.

Weerkaatsings vind plaas as 'n voorwerp die ligstrale wat dit ontvang terugbons. Wateroppervlaktes, vensters en spieŽls kan almal weerkaatsings in 'n meerdere of 'n mindere mate gee.

Bome, blomme en water weerkaatsing (ADSA Media onderwerp lig)
Groter weergawe

 
Lense wat in voorwerpe soos kameras, teleskope, brille, verkykers, kontaklense en vergrootglase gekry word, dien almal om beelde te verskerp, vergroot of aan te pas.

Lasers maak intense en hoogs gekonsentreerde ligbronne, wat lig in 'n baie smal parallelle bundel uitstraal. Laserstrale word reeds in die mediese-, telekommunikasie- en vermaakbedrywe aangewend.

 

Lig wat eienskappe van beide golwe en partikels vertoon, is 'n wonder-natuurelement wat nog baie slimkoppe aan die dink hou. Ons sien hoe dit benut kan word, hoe dit soms lyk en optree, maar oor wat lig presies is, sal daar nog jare der jare oor beredeneer, bestudeer en nagevors moet word.

En God het gesÍ: Laat daar lig wees! En daar was lig.
Toe sien God dat die lig goed was...
Gťnesis 1:3-4

 

 

Kuns

Soos Margaret Wolfe Hungerford tereg in haar boek Molly Bawn aandui, "Beauty is in the eye of the beholder". Dit is vir kuns beslis so. Kuns is een van daardie elemente wat sterk gewortel is in mens se kultuur en opvoeding, die bevolking waaruit jy kom, die geloofsoortuiging wat jy het en ook die geleenthede wat daar mag wees, beide in sosiale en finansiŽle opsigte.

Kuns bestaan al vir eeue der eeue en mens lees sommer vroeg in die Bybel, daar in Gťnesis, die volgende: "Die naam van sy broer was Jubal. Hy was die vader van almal wat op siters en fluite speel."(Gen 4:21)

Kuns is meestal iets wat bedryf word as stokperdjie of tydverdryf, maar daar is nogtans sommiges wat so bevoorreg is om hul kunstalente voltyds as 'n beroep te kan aanwend.

Daar is 'n ontelbare horde kunssoorte en daar is ook nog ander wat ontwikkel word. Die doel van hierdie artikel is nie om die talle kunsrigtings, periodes of style te bespreek nie, maar eerder om 'n paar bekende kunsvorms te belig.

 


Groter weergawe

Musiek:

By musiek is lirieke, bladmusiek, musiekinstumente,sang en dans ingesluit. In die verlede was daar pragtige musieksoorte, soos bv barok en klassieke musiek. Musiekmeesters soos Handel, Mozart en Beethoven het die dirigeerstokkie geswaai. Koormusiek, operas, musiekblyspele en operettes, kamermusiek en vioolmusiek is alles deel van die kuns van musiek wat vele genot verskaf.

 
Beeldhouwerk:

Ditsluit in die tipiese werk wat aangewend word by die skep van beelde met watter medium ook al, bv. klei, steen of hout. Pottebakkery en keramiekwerk sluit ook hierby aan.

In hierdie groep kan die ongewone ook genoem word, soos yskerfwerk, wat mense in lande soos Kanada in die wintertye doen en ook die skep van groot sandkastele of sandfigure.


Groter weergawe

 


Groter weergawe

Skilderkuns:

Daar is die algemene skilderkuns, met bekende skilders soos Da Vinci, Rembrandt en Monet en met bekende skilderperiodes, soos bv. Impressionisme, Art Deco, Gotiese Styl, Barok en nog talle ander.

Hierby kan ook ingesluit word verfwerk op ander items, soos lapverfwerk, waaronder bv. syverfwerk melding verwerf. Tole of Volkskuns is ook van toepassing. Verfdrukwerk en sjabloneerwerk, of dan verfwerk met "stencils", is ook deel van diť groep.

 
Naaldwerk:

By hierdie kunssoort is daar die ontwerp en maak van klere, hetsy as mode-item of as werksdrag. Die skep van baie soorte produkte vir die huis soos linne, kombuisversierings, tooikussings, matte, gordyne en nog baie ander. Onder hierdie afdeling kan ook die kunsnaaldwerk en borduurwerk geplaas word. Dit sluit in die skep van items met siersteke, soos bv appliek en kerspitwerk, asook borduurweef van bv. tapisserieŽ. Kralewerk, laslappiewerk en talle ander soorte pragtige kunsnaaldwerk is hierby ingesluit.

 
Argitektuur:

Argitektoniese werke en tuinuitleg word dalk nie altyd as kunswerke beskou nie, maar daar is tog baie geboue, monumente en allerlei suile of loopgange, wat alles so ontwerp kan word dat dit tesame met die tuine 'n pragtige geheel vorm. Ou kastele is voorbeelde van argitektoniese- en tuinuitlegkuns.

Literatuur:

Die sluit die werke in van bekende skrywers soos N P Van Wyk


Groter weergawe

Louw, Eugene Marais, Langenhoven, Shakespeare, Arthur Conan Doyle, Alexander Dumas en duisende ander. Digkuns, dramas, kortverhale en romans is alles leesstof wat ons lewens verryk.

Tekenkuns:

Hierdie kunsvorm is seker een van die eerstes wat mens mee kennis maak as kleuter. Dit vorm die basis vir baie ander kunsvorms en kan insluit teken met kryte, pastelle, potlode en penne. Hierby kom ook deesdae die tekenwerk op rekenaars deur die gebruik van sagteware programme.

Weefkuns:

Die weefkuns is 'n baie ou kunsvorm, maar met die meganisering van groot masjiene wat weefwerk in baie korter tye kan skep, het diť kunsvorm 'n groter rol begin speel in bv. die maak van matte en die weef van materiaal.

'n Anderse soort weefwerk is die werk wat nog met die hand gedoen word vir die vorm van mandjies ens. Daar is rottangwerk, grasweef of die weef van ander artikels met natuurlike materiale ter sprake.

 


Groter weergawe

Blommerangskikkings, voedsel-garnering en geleentheidskoeke:

Blommerangskikkings, hetsy met vars of gedroogde blomme, asook die maak van potpourri en die droog van blomme en geparste blomme, is deel van hierdie kunsvorm.

Die versiering en afronding van 'n gereg en die versier van verjaardag-, doop- of troukoeke is alles heerlike kunsvorms wat bedryf kan word en sommer so in die kombuis.

 

Hekel-, Brei en Knoopwerk:

Hekelwerk was 'n kunsvorm wat baie gewild was by ons ouma's en oumagrootjies. Deesdae word dit minder gesien, waarskynlik omdat 'n mens vernuftig moet wees om dit aan te leer. Dit bly egter 'n pragtige kunsvorm. Breiwerk is nog baie aan die orde van die dag en mode-ontwerpers kies dikwels nog breiwerk om weer die oog te vang met 'n nuwe gewaad. Breiwerk word ook met industriŽle masjiene geskep en baie algemeen gebruik vir byvoorbeeld truie, ens. Knoopwerk kom in verskeie groepe voor, maar die bekendste is waarskynlik matknoopwerk en deurstik-knoopwerk, soos danella-werk en macramť.

Uitvoerende kunste:

Hierby ingesluit is teater en straat- en mark-optredes soos mimiek, sang, dans en toertjies uitvoer.


Groter weergawe

Fotografie en videografie:

Hierdie kunsvorms was aanvanklik net vir kundiges en persone wat die duur apparaat kon bekostig. Met die koms van digitale kameras, het fotografie meer toeganklik geword vir die algemene publiek en is die mark en Internet deesdae oorspoel met pragtige foto's en video's wat deur Jan Alleman afgeneem is.

 


Groter weergawe

Digitale kuns:

Hierdie kunsvorm het ontstaan met die koms van die rekenaar en word al hoe meer bedryf, omdat persoonlike rekenaars al hoe meer gebruikersvriendelike sagteware en programme kan verwerk. Ou bekendes soos skilderwerk, tekenkuns en ontwerp baat almal hierby, maar nuwe kunsvorms ontstaan ook wat spesifiek gemik is vir vertoon en gebruik op die rekenaar en die Internet.

 
Digitale kuns word veral ontwikkel in rekenaarspeletjies, advertensies en die skep van webtuistes. Dit word ook gebruik in films en stukkies video, om bv. kunsmatige agtergrond of deesdae selfs karakters te skep. Dit het so gevorder dat dit selfs vir vollengte films aangewend word.
 

Nog bekende kunsvorms is die volgende:

Die maak van kerse, batik, metaalwerk, wamakery, houtspeelgoed maak, collage, decoupage, mosaiek-of teŽlwerk, brandskilderwerk, glasblaas en glastekenwerk, houtbrandwerk, knoop en doop, koperwerk, handgemaakte papierkuns en plakboekkuns wat tot onlangs toe nog baie gewild was. Minder bekende kunsvorms is kunsvlieg, yssneewerk en vuurwerkvertonings


Groter weergawe

 

Om al die kunsvorme te noem is 'n saak van onmoontlikheid. Daar is die mooi, die lelike, die gewone en die unieke. Kuns bly egter 'n groot deel van ons lewens. Of dit nou oor die kleur van ons voertuig gaan, die plakker op die koffiehouer of die koekoekhorlosie in die sitkamer.

Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.
Kolossense 3:16

 

 

 

 

 Bybels
 Lees
 Lees 2
 Lees 3
 Lees 4
 Lees 5
 Lees 6
 Lees 7
 Rekenaar
 Rekenaar 2
 Rekenaar 3
 Reken nou net
 Reken nou net 2
 Reken nou net 3
 Reken nou net 4
 Reken nou net 5
 Reken nou net 6
 Reken nou net 7
 Swartlys

 Dienste
 Gebeure
 Help
 Poste
 Produkte
 Skole
 Vermaak

 Mediakaart
 ADSA
 Media Map

 Bibles
 Computer
 Computer 2
 Computer 3
 Read
 Read 2
 Read 3
 Read 4
 Read 5
 Read 6
 Read 7
 Blacklist

 Entertainment
 Events
 Help
 Jobs
 Products
 Schools
 Services

Op|UpBiblesBybelsLees|ReadLees 2|Read 2Lees 3|Read 3Lees 4|Read 4Lees 5|Read 5Lees 6|Read 6Lees 7|Read 7Rekenaar|ComputerRekenaar 2|Computer 2Rekenaar 3|Computer 3Reken nou net!Reken nou net! 2Reken nou net! 3Reken nou net! 4Reken nou net! 5Reken nou net! 6Reken nou net! 7

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
ADSA: Puppy and kitten

ARK Webontwerp

ARK Web Design 

ADSA Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap (engel)

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2014
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads