ADSA Advertisement Service for the Christian Community

Reken nou net! 5

 

 Opgedateer: 24 Mei 2008 ** Updated: May 24, 2008

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 

 

Interessante wetenswaardighede en ditjies en datjies

 

 

Die wonderlike wêreld van die natuur 2

 

Patagonië

Die naam Patagonië beteken na bewering
"groot voet", so genoem toe Ferdinand Magellaan daar oorwinter het in 1520. Dit is met verwysing na die groot pelsskoene en -stewels wat gedra is deur die inwoners van die omgewing, die Tehuelches.

Patagonië is daardie wonderlike, unieke deel van die wêreld wat geleë is aan die suidelike deel van Suid-Amerika, waar die Atlantiese- en Stille Oseaan mekaar ontmoet. Dit vorm deel van Argentinië en Chili en sluit die bekende Straat van Magelaan in. Dit lê uitgestrek oor die twee lande en sluit 'n aantal gebiede in, oa. die volgende: Calafate, Bariloche, Puerto Madryn en Tierra del Fuego.

Dit is ook een van die eerste gebiede wat spog met 'n see- of marinebewaarpark. Die natuurskoon is nie net asemrowend nie, maar bergklimmers is welbekend met die uitdagings van die berge in daardie wonderlike gebied. Die hoogste gebergte-piek is Cerro San Valentín (meer as 4000 m), maar die mees bekendste is waarskynlike die indrukwekkende Paine Grande en die Fitzroy-spits.

 

Dierelewe in hierdie geografiese gebied is uiteenlopend en veelsydig. Die seegebied spog met diere soos walvisse waarvan die "right whale" (Ballena Franca) en die moordwalvis of Orca twee is. Talle soorte dolfyne soos die uitsonderlike wit en swartgrys Commersondolfyn, asook die bottelneusdolfyne word daar aangetref. Die Suid-Amerikaanse seeleeus en suidelike seeolifante is te siene op die rotse en pikkewyne soos die Gentoo's, geelkuifpikkewyn (Rockhopper) en koningspikkewyn is simbolies van die omgewing. Die blouoogkormorant en seekelpseemeeue maak ook deel uit van die talle seevoëlspesies.

 

Aan land word perde grootliks aangewend in die boerdery, asook alpakas en lamas. In 1946 is bewers vanaf Kanada ingebring in die gebied. Maar die landstreek het ook nog talle inheemse wilde diere wat al hoe meer toeriste trek. So is daar die bekende en geharde guanako's (guanacos) wat wild voorkom. Hierdie eienaardige diere lyk na 'n kleiner nefie van die kameel en hulle pragtige roesbruin en wit kleure is baie kenmerkend. Natuurlik huisves Pategonië ook nog die sagte goudbruingrys cougar of bergleeu. Dan spog die gebied boonop met ander wilde diere soos die grys jakkalsie, die snaakse choique of sg. "lesser rhea" (Pterocnemia pennata). Die voëlspesies is talryk met aasvoëls, arende en valke en die waterstrome huisves ook nog otters.

Voorwaar 'n baie besondere gebied en beslis die moeite werd om te bewaar en te waardeer.

Lees meer:

webs.satlink.com
nationalgeographic.com (kaart)
www.peakware.com (Fitzroy)
www.peakware.com (Paine Grande)
www.enjoy-patagonia.org

 

 

Die Weer

Die weer: Of dit nou mooi weer en sonnig is, of bewolk en koud, die weer bly die gewillige onderwerp as 'n mens nou nie juis weet wat anders om oor te praat nie. Maar dit kan nogal 'n groot fout wees om vir weerkundiges 'n vraag oor die weer te vra.  Dié mense kan weke en dae praat oor weerspatrone, die barometer wat op en af gaan en al die afleidings wat daarmee gemaak kan word. Dan is daar nog veel meer as die daaglikse weerspatrone wat van groot belang is. Daar is ook die seisoenale weerspatrone wat opgeskryf en bestudeer en nagevors word. Dit is veral in gebiede soos die landbou, waar sulke navorsings van groot waarde is.

Die waarskuwings van aankomende storms, tornado's, groot droogtes, reënval, sneeu- of haelstorms, het al in die verlede baie gehelp met die behoud van menselewens.

 

Die diere in die natuur het hul eie manier van bewuswording van snaakse en gevaarlike weersomstandighede wat aan die kom is. So weet bv. haaie, dat as die drukking vinnig val, daar ongure weer aan die kom is en hulle beweeg dan dieper die see in en weg van die kus af. Sommige honde raak glo meer onrustig en katte kriewelrig.

Mense maak deesdae al hoe meer gebruik van apparate soos lugballonne, satteliete, rekenaars, windlaaiers en goeie personeel en vrywillige deelnemers om bv. temperatuur, lugdruk, seestrome, humiditeit, reën- of sneeuval te meet. Een deel van hierdie span is ook die stormjaers: daardie vreemde groep mense wat so gefassineer is met storms, dat hulle gedurig probeer om al hoe meer met geweldige tornado's of orkane kennis te maak.

Wie kan nie anders as om verstom te staan en kyk hoe sommige videobeelde groot weerfronte oor 'n kontinent met behulp van sattelietfoto's vertoon nie. En nog meer, dit is ook nie net die aarde se weer waarna gekyk kan word nie, maar daar was tot al weer navorsing oor dié van Mars en ander dele in die ruimte.  Die weer 'n vervelige onderwerp? Ek glo nie.

Meer inligting by:

www.gi.alaska.edu (vlietende skakel)
illiniweather.com
www.msss.com
http://www.spaceweather.com

 

 

Gedink jy's 'n grootkop?

Gedink jy's 'n grootkop? Dink dan weer. Die olifant is nie net bekend as een van die grootste landlewende soogdiere nie, maar het 'n besondere groot brein. Die diere is uniek in baie opsigte en dit is die moeite werd om by te dra tot hul oorlewing. Daar is tans organisasies wat hierdie ou grotes se saak wil bevorder en die oorlewingsstryd van bedreigde spesies wil tentoonstel.

 

So is oa. besluit om 'n diere-aksie vir olifante te hou by: www.ifaw.org Lees ook by: www.ifaw.org/ifaw/general

Om meer te wete te kom oor die olifant se brein en die gewig daarvan, die geskatte intelligensie van olifante, of ander interessante dinge soos die diere se hartklop, hul ore se uniekheid, slurp se tasvermoeë  ens. besoek gerus: elephant.elehost.com/About_Elephants
Daar word baie vrae beantwoord en verskille tussen die Afrika en Indiese olifante word aangedui.

Om meer te lees oor die slimme olifant Nana van Empangeni, en haar manewales om die hek vir bokke oop te maak. kyk by: www.smh.com.au/articles

 

 

'n Besoek aan die Dinosouruspark dalk binnekort deel van Rusland se toerisme-bedryf

Dit lyk asof die filmmakers van fantasieverhale dit eens was. Met die snel-groeiende kennis op wetenskaplike, tegnologiese en biologiese terreine, word die idee van 'n Dinosouruspark dalk in die toekoms deel van Rusland se toerisme-bedryf. Dalk is dit net weer die Japanners wat weet hoe om geld te maak. Meer inligting by:

www.cbsnews.com/stories/
www.trussel.com

 

 

Ysbeer vriende in die moeilikheid op meer as een manier

Polisie offisier Wayne Menard kom tot beertjie se redding in die afgeleë gemeenskap van Fort Severn in noord-wes Ontario aan Hudsonbaai. Meer inligting by:

www.planetark.org

 

 

Aurora

Besoek gerus die volgende skakel as jy belangstel in natuurverskynsels soos die aurora.
science.nasa.gov/spaceweather/aurora/gallery

Sien ook meer oor die Ruimte-Weer by: www.spaceweather.com.

 

 

 

 Bybels
 Lees
 Lees 2
 Lees 3
 Lees 4
 Lees 5
 Lees 6
 Rekenaar
 Rekenaar 2
 Rekenaar 3
 Rekenaar 4
 Reken nou net
 Reken nou net 2
 Reken nou net 3
 Reken nou net 4
 Reken nou net 5
 Reken nou net 6
 Reken nou net 7
 Reken nou net 8
 Reken nou net 9
 Reken nou net 10
 Reken nou net 11
 Reken nou net 12
 Reken nou net 13
 Reken nou net 14
 Swartlys

 Dienste
 Gebeure
 Help
 Poste
 Produkte
 Skole
 Vermaak

 Mediakaart
 ADSA
 Media Map

 Bibles
 Computer
 Computer 2
 Computer 3
 Computer 4
 Read
 Read 2
 Read 3
 Read 4
 Read 5
 Read 6
 Blacklist

 Entertainment
 Events
 Help
 Jobs
 Products
 Schools
 Services

Op|UpBiblesBybelsLees|ReadLees 2|Read 2Lees 3|Read 3Lees 4|Read 4Lees 5|Read 5Lees 6|Read 6Rekenaar|ComputerRekenaar 2|Computer 2Rekenaar 3|Computer 3Rekenaar 4|Computer 4Reken nou net!Reken nou net! 2Reken nou net! 3Reken nou net! 4Reken nou net! 5Reken nou net! 6Reken nou net! 7Reken nou net! 8Reken nou net! 9Reken nou net! 10Reken nou net! 11Reken nou net! 12Reken nou net! 13Reken nou net! 14

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
ADSA: Carnival game * ADSA: Karnaval speletjie  

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2008
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads