ADSA Advertisement Service for the Christian Community

Reken nou net! 6

 

 Opgedateer: 24 Mei 2008 ** Updated: May 24, 2008

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 

 

Interessante wetenswaardighede en ditjies en datjies

 

 
 
 

 

 

Die mens en sy dinge

 

Kastele, paleise, chateau's, herehuise, forte en ander statige vestings

Wie hou nie daarvan om soms te sit en lugkastele bou nie? Die kastele, vestings, forte en paleise van ouds het egter meer as net drome gevra om te realiseer. En wat 'n geweldige heroïese taak moes sulke imposante vestings nie gewees het om te bou nie. Mens se asem slaan nou nog weg om kastele wat die eeue se brute krag deurstaan het, gade te slaan.

 

Kastele het al selfs so lank terug as die 8ste eeu voor Christus bestaan en die hoofdoel was die opstapelende beskermings wat die kasteel dan gebied het.

'n Kasteel is 'n groot gebou of meestal groep geboue. Die oorsprong van die woord kasteel is van Latyn "castellum" wat vertaal kan word met vestingkie. Die Franse woord "château" het ook sy oorsprong hiervandaan. Woordeboeke beskryf die verklaring van die woord kasteel as 'n vesting of groot vorstelike woning met oa. die insluiting van forte en groot landgoedwonings of paleise.


Kliek op foto vir groter weergawe

 

Mens kan min die woord "paleis" gebruik sonder om onwillekeurig te dink aan ridders en die Middeleeue, want dit is in hierdie tyd wat groot en indrukwekkende geboue tot hul reg gekom het. Kastele is dikwels gebou op heuwels, in die draai van 'n groot en diep rivier of op die uithoek van 'n krans, waar bv. die see en afgrond aan sommige kante beskerming kon bied teen die maklike inval van die vyand.

Kastele van ouds was eers bloot net gebou van hout met omsirkelende palissades en 'n droë grag, maar dit het ontwikkel in imponerende en baie groot klipgeboue, met hoë en geweldige dik en moeilik bestygbare mure, wat bygedra het tot die fortifisering van die vesting. Kastele was ook dikwels omring met water, of het gragte gehad met die tipiese ophaalbrug en die gewigtige en baie dik poorthek, wat dig sluit en beskerming teen invallende troepe kon bied.

By kastele was daar die sentrale hoofgebou of vestingtoring en ook hoë kanttorings as uitkykpunte, waar wagte dag en nag moes uitkyk om die omringende landskap te bespied. Brugtorings met kantele en skietgate was kenmerkend by die latere kastele. Sommige kastele het ook 'n kerker gehad waar vyande gevange gehou was. 'n Verdere kenmerk wat dikwels nog vandag gesien kan word by kastele, is die beskermsmuur of -mure en klein boogskutters-openinge. Kastele het ook dikwels 'n binnehof, tuine, 'n poorthuis en stalle gehad, om selfonderhouding van die kasteelinwoners moontlik te maak.

Daar is baie kastele wat vandag nog besoek kan word en welbekend is. Die Loire-vallei in Frankryk is beroemd vir sy talle kastele, oa. die Chenonceau-kasteel, Die Koninklike Paleis van Amboise, Château de Chambord, die Azay le Rideau-kasteel, en Château de Saumur. Talle kastele kom ook in ander dele van Europa voor, soos in Duitsland, Switserland, Engeland, Skotland, Wallis, Noorweë, Swede en Nederland.

Meer inligting oor beroemde en majestieuse kastele:

www.castlesontheweb.com
  (Omvattende webwerf met baie verwysings.)
http://www.castles.org/castles (Gee 'n lys van lande)
http://library.thinkquest.org
  (Gee 'n lys van items en woorde wat tipiese by kastele gebruik word.)
http://www.casteland.com
  Château Gaillard, gebou deur Richard I "Die Leeuhart"
http://www.castlewales.com/listings.html (Alfabetiese lys van kastele)
www.castles-of-britain.com
  (Alfabetiese lys van kastele met foto's)
helios.augustana.edu
  Die Wartburg-kasteel in Oos-Duitsland, het besondere betekenis vir Protestante omdat dit die plek is waar Martin Luther die Bybel in Duits vertaal het.
www.casteland.com
  (Die kasteel Pierrefonds)
www.skiptoncastle.co.uk (Shipton-kasteel in Engeland)
www.leeds-castle.com
  (Leeds-kasteel wat interessante geleenthede aanbied) kyk ook na
www.casteland.com/puk/castle/europe
  vir 'n mooi beskrywing deur lord Conway van hierdie pragtige kasteel.
www.neuschwanstein.com
  Laaste maar nie die minste nie, die baie beroemde Neuschwanstein-kasteel en die besondere koning Ludwig II

 

 

Foto galery

Kliek op foto vir groter weergawe

Neuschwanstein

Langeais

Chenonceau

Chaumont


Brissac

Versailles

Le Lude

 

 

Brûe: Toegang na die anderkant

Brûe het van die vroegste tye af 'n baie belangrike rol vervul. Dit het toegang verleen van en na plekke vir ruilhandel, die ontdekking en uitbreiding van nuwe gebiede en vir die beskerming van stede. Brûe word hoofsaaklik in 3 groepe verdeel. Die boogbrug ("arch bridge"), die baskule brug ("bascule bridge or draw bridge") of ophaalbrug en die vrydraende brug ("cantilever bridge").

Die antieke Romeine wat hulle groot keiserryk goed wou probeer beheer en nog verder wou uitbrei, was gedugte brugbouers. Hulle het boogbrûe gebou wat bekend staan as akwadukte.


Groter weergawe

 

Daar is baie besondere en beroemde brûe deesdae. Van die baie beroemde Golden Gate-brug in San Francisco, Californië, die Brooklynbrug in Manhattan, die Forth Railbrug in Skotland, die Sydney Hawe-brug in Australië, die Storbaelt in Denmark, Le Pont de Normandie in Le Havre, Frankryk, die Chesapeake Baai brugtonnel, die Luzern Kapelbrug in Switzerland, die Pont Adolphe in Luxembourg, 'n baie ou brug naamlik die Ponte di Rialto in Venisië, tot die 38 kilometer lange Lake Pontchartrain Causeway in Louisiana.

 


Groter weergawe

Van die mooiste en indrukwekkendste brûe is die Clifton hangbrug in Bristol, Engeland, wat oor die mooi Avon Gorge span.

Die Akashi-Kaikyo brug in Japan is 'n meesterwerk in ingenieurswese en is een van die langste hangbrûe in die wêreld. Dit is 3456 meters lank.

Een van die mees besondere brûe wat ook melding verdien, is die Ponte Sant'Angelo-brug in Rome. Die Ponte Sant'Angelo-brug is ontwerp deur Giovanni Bernini en rye engelestandbeelde vorm en versier weerskante die brugraam. Die rye engele stel die kruistog van Jesus voor.

 

Vir meer inligting oor die Ponte Sant'Angelo-brug in Rome besoek enige van die volgende skakels:
www.joel-benford.co.uk/photography
www.nycerome.com/sights-of-rome (Mooi groot foto van die engel)
 
Vir meer inligting oor ander besondere brûe soos hierbo bespreek besoek:
www.pbs.org/wgbh/buildingbig/bridge
library.thinkquest.org

 

 

Olimpiese Spele

Meer as Tagtig jaar terug: 1924 in Parys

Sendeling en Olimpiese atleet: Eric Henry Liddell

Dit is weer tyd vir die Olimpiese spele. Hierdie jaar gaan van die wêreld se beste kampioene kragte met mekaar meet in Griekeland. Athene tree as gasheer op en die oeroue stad is in rep en roer om die atlete, die magdom toeriste en al die belangstellendes te ontvang.

 

Wanneer daar van die Olimpiese spele gepraat word, kom daar onwillekeurig verskeie beelde en herinnerings by mens op. Die ure se intense oefening, die skare wat aanmoedig en juig, spanne wat mekaar aanhits, die medalje om die nek en die onderskeie vlae wat wapper in die wind. Dan is daar ook die wenners. Een so 'n wenner het 80 jaar gelede in Parys deelgeneem en die 400 meter met 'n fenomenale 5 meter voorsprong gewen.

 

Die Olimpiese atleet was Eric Liddell. Hy is gebore 16 Januarie 1902 in Tientsin (Tianjin) in Noord China waar sy ouers sendelinge was. Hierdie Olimpiese atleet se verhaal, was eers in die biografie "The Flying Scotsman" (London: Quartet, 1981) van Sally Magnusson saamgevat. Die welbekende film "Chariots of Fire", is ook op sy lewe gebaseer.

Eric Liddell, die Skot, sou menige grootkoppe en Engelse staatsleiers in die gesig vat, omdat hy nie op die Sondag aan die uitdunne vir die naellope (100meter) wou deelneem nie. Tog gebeur die wonderlike. Hy skryf in vir 'n ander afstand, die 400 meter en breek 'n rekord wat lank nog in die geskiedenisgange sou weerklink. Hy wen met 'n uitstaande rekord vir daardie tyd.

Liddell, 'n wetenskap-onderwyser, keer later terug na die sendingveld in Tientsin (Tianjin), asook later in Siaochang. Hy is in 1932 as prediker ingeseën en hy trou met Florence Mackenzie, wat uit 'n Kanadese sending-familie gekom het. Hy en Florence se dogters se name is Patricia, Heather en Maureen, wat in Kanada woonagtig was.

Eric word gevange geneem tydens die Japannese inval en bevind hom in die Weishien-kamp. Daar lewer hy ook 'n bediening in die interniskamp, deur Bybelstudies en ander klasse soos wetenskap en sport aan te bied. Sy voorbeeld en liefdesdiens was tot groot hulp en aansporing vir dié in die siekesorg wat hom in daardie tyd leer ken het. Hy sterf in 1945 in die kamp van 'n breingewas en tifuskoors.

Die uitdrukking "Complete surrender" was Eric se mikpunt in die uitleef van sy geloof as Christen. Hy het nie net goud op die sportveld verkry nie, maar het 'n goue nagedagtenis in die mense se harte en herinneringe gelaat vir menige wat sy voorbeeld gesien en van gehoor het.

Mag hierdie jaar se deelnemers God ook besonder eer met die sportaanleg wat Hy hulle mee seën.

Vir meer inligting oor hierdie besondere Olimpiese Christen wenner besoek ook:

www.intouch.org/myintouch/mighty/portraitsl
www.electricscotland.com

 

Aanvullende nota Maart 2006

Die onlangse Winterspele in Turyn is deur groot skares bygewoon. Kanada het nie minder as 24 medaljes gewen nie. Geluk aan die atlete, en 'n ekstra hoera vir dié van hulle wat maar te goed geweet het dat hulle sukses nie net van harde werk, maande se voorbereiding en deursettingsvermoë afhang nie, maar ook van hulle geloofslewe en verhouding met God.

   
Additional note March 2006

Large crowds attended the recent Winter Ganes in Turin. Canada won 24 medals. Congratulations to the athletes. Especially to those who knew that competing and success are not only achieved by hard work, months of preparation and determination, but in the first place by their faith and relationship with God.

 

 

Statige Stede

Van die vroegste tye af bestaan daar stede. Stede is nie net 'n groot ekonomiese draaikolk vir 'n land en sy inwoners nie, maar stede is ook die brandpunt vir die tegnologiese en wetenskaplike ontwikkeling, omdat die akademiese en welsyns-aspekte gesamentlik ontwikkel en gedeel word.

Die geskiedenis is belaai met verhale oor beroemde stede. Die Bybel noem die gebruik van vrystede en bekende ou stede soos Babilon, Ur, Nineve, Joppe en Jerusalem. In die antieke geskiedenis is daar Helena met haar Troje en Romulus en Remus met hul Rome.

Daar is stede wat nou nog bestaan soos Athene, van nuuts af ontwerpte stede soos Brasilia, Washington, Islamabad en Canberra, en ander wat verlate is soos Machu Picchu met sy geheimenisse.

Talle stede het hoë en besondere torings en strukture, soos Kuala Lumpur, Seattle en Parys.

 

Daar is stede met besondere argitektoniese eienskappe en groot ingenieursprestasies, soos die brûe by Londen en Golden Bridge by San Fransico, kanale in Venesië, gragte en dyke by Amsterdam en Rio de Janeiro met sy kolossale Jesus-beeld.

Daar is eilandstede soos Singapoer en Hong Kong, en stede wat in diep valleie van die Andes gebergtes lê, soos La Paz. Daar is stede gestig aan die walle van bekende riviere soos die Yangtze-rivier met Nanjing en Shangai, Volgograd aan die Volga-rivier en Dusseldorf aan die Rynrivier.

Dan is daar ook groot stede wat langs mere lê soos Chicago aan die Michiganmeer en Toronto by die Ontario-meer. Stede soos New York, Sydney, Tokyo, Mumbai en Dubai grens almal aan die see. Daar is stede wat vanuit ruimtetuie geëien kan word, omdat dit so baie lig snags vertoon, en ander wat op die grens van twee kontinente lê soos Istanbul.

Stede is werkplek, eetplek, speelplek, slaapplek en leefplek. Daar is soveel pragtige tuine, parke en argitektoniese of ander kunswerke in talle stede, dat die besige pas soms so bietjie agterweë gelaat kan word. Biblioteke, kerke, sportsentrums, teaters, operahuise, parke en museums dra alles by tot 'n stedelike bestaan, wat sinvol en heerlik kan wees.

Stede verteenwoordig meer as die staatssetel. Dit dra ook die stempel van die inwoners se kultuur. Dit is waarskynlik om daardie rede wat die stad waar mense bly, so besonders is vir hulle. Die stad dien as spieëlbeeld van hulle groei as gemeenskap.

www.city.vancouver.bc.ca (vlietende skakel)
www.geocities.com
visibleearth.nasa.gov

 

 

 

 Bybels
 Lees
 Lees 2
 Lees 3
 Lees 4
 Lees 5
 Lees 6
 Rekenaar
 Rekenaar 2
 Rekenaar 3
 Rekenaar 4
 Reken nou net
 Reken nou net 2
 Reken nou net 3
 Reken nou net 4
 Reken nou net 5
 Reken nou net 6
 Reken nou net 7
 Reken nou net 8
 Reken nou net 9
 Reken nou net 10
 Reken nou net 11
 Reken nou net 12
 Reken nou net 13
 Reken nou net 14
 Swartlys

 Dienste
 Gebeure
 Help
 Poste
 Produkte
 Skole
 Vermaak

 Mediakaart
 ADSA
 Media Map

 Bibles
 Computer
 Computer 2
 Computer 3
 Computer 4
 Read
 Read 2
 Read 3
 Read 4
 Read 5
 Read 6
 Blacklist

 Entertainment
 Events
 Help
 Jobs
 Products
 Schools
 Services

Op|UpBiblesBybelsLees|ReadLees 2|Read 2Lees 3|Read 3Lees 4|Read 4Lees 5|Read 5Lees 6|Read 6Rekenaar|ComputerRekenaar 2|Computer 2Rekenaar 3|Computer 3Rekenaar 4|Computer 4Reken nou net!Reken nou net! 2Reken nou net! 3Reken nou net! 4Reken nou net! 5Reken nou net! 6Reken nou net! 7Reken nou net! 8Reken nou net! 9Reken nou net! 10Reken nou net! 11Reken nou net! 12Reken nou net! 13Reken nou net! 14

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
ADSA: Carnival game * ADSA: Karnaval speletjie  

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2008
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads