ADSA Advertisement Service for the Christian Community

Reken nou net! 8

 

 Opgedateer: 24 Mei 2008 ** Updated: May 24, 2008

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 

 

Interessante wetenswaardighede en ditjies en datjies

 

Rekenaarhulpmiddels 8
 
 
 

 

 

Rekenaarhulpmiddels 8

 

Afrikaanse leestekens

Afrikaanse leestekens en aksente op karakters in dokumente op die rekenaar

Al ooit gewonder hoe om goeie Afrikaans, met leestekens in die teks, in epos-boodskappe en ander dokumente te gebruik? Daar is verskeie maniere, soos om allerhande kodes in te tik, soos aangedui in die karakterkaart (“character map”) van die betrokke bedryfstelsel (Windows 9x, 2000, XP, Linux, ens.), of om die betrokke program se eie funksies te gebruik.

Die gerieflikste oplossing is egter om eenvoudig die sleutelbord se opstelling te verander, sodat dit die internasionale karakters kan weergee, in enige program, enige plek, selfs vir lêername.

Meeste Afrikaanssprekendes gebruik gewoonlik die “US Keyboard Layout”. Al wat nodig is, is om dit te verstel na die “US-International Keyboard Layout”. Dit geld vir beide Windows en Linux.

Gaan soos volg te werk vir Windows:

Windows Weergawe

Instruksies

Vir Windows 95, 98,
NT en 2000
Gaan na “Control Panel”, kies “Keyboard”, en dan “Language” (“Input Locales” in Windows 2000). Voeg nog 'n sleutelbord by met “Add”, kies die taal as “English” en die uitleg as “United States International”of “US-International”, en kliek “OK”. Kies nou hierdie nuut-bygevoegde sleutelbord, kliek “Set as Default” en dan “OK”.
Vir Windows XP Gaan na “Control Panel”, kies “Date, Time, Language and Regional Options”, dan “Regional and Language Options”, en “Languages”. Voeg nog 'n sleutelbord by met “Add”, kies die taal as “English” en die uitleg as “United States International” (“Keyboard layout/IME”). Kies nou hierdie nuut-bygevoegde sleutelbord onder die “Default Input Language”, kliek “OK” en weer “OK”.

 

Met laasgenoemde opstelling word enige leesteken eerste getik, gevolg deur die letter waarop dit toegepas moet word. So word die “ê” verkry deur eers 'n “^” te tik, direk gevolg deur 'n “e”.

Voorbeelde:

Verlangde Karakter

Tik hierdie karakters

à ` a
â ^ a
ä " a
á ' a
è ` e
ê ^ e
ë " e
é ' e
ô ^ o
û ^ u
ï " i
ñ ~ n
ç ' c

 

Die metode werk vir klein- en hoofletters.

Hierdie opstelling van die sleutelbord lewer 'n paar sogenaamde “dooie” sleutels. Dit is die karakters wat nou gebruik kan word om aksente en leestekens te skep. Om hierdie karakters op hulle eie te verkry, tik die verlangde karakter, gevolg deur 'n spasie. So word “"” gevolg deur 'n spasie, “'” gevolg deur 'n spasie en “~” gevolg deur 'n spasie, om die betrokke karakters te tik.

'n Onverwagte bonus, is dat daar 'n paar ander spesiale karakters is wat ook nou beskikbaar word, met 'n paar sleutelkombinasies. In die volgende tabel dui die “+” aan dat die sleutels tegelyk vasgehou word. Byvoorbeeld, die Euro-simbool word verkry deur die Ctrl en die Alt sleutels vas te hou en dan die “5” te tik.

Voorbeelde:

Verlangde Karakter

Tik hierdie karakters

Ctrl + Alt + 5
© Ctrl + Alt + c
® Ctrl + Alt + r
ß Ctrl + Alt + s
¼ Ctrl + Alt + 6
½ Ctrl + Alt + 7
¾ Ctrl + Alt + 8
¥ Ctrl + Alt + -
µ Ctrl + Alt + m

 

 

 

 

 

 Bybels
 Lees
 Lees 2
 Lees 3
 Lees 4
 Lees 5
 Lees 6
 Rekenaar
 Rekenaar 2
 Rekenaar 3
 Rekenaar 4
 Reken nou net
 Reken nou net 2
 Reken nou net 3
 Reken nou net 4
 Reken nou net 5
 Reken nou net 6
 Reken nou net 7
 Reken nou net 8
 Reken nou net 9
 Reken nou net 10
 Reken nou net 11
 Reken nou net 12
 Reken nou net 13
 Reken nou net 14
 Swartlys

 Dienste
 Gebeure
 Help
 Poste
 Produkte
 Skole
 Vermaak

 Mediakaart
 ADSA
 Media Map

 Bibles
 Computer
 Computer 2
 Computer 3
 Computer 4
 Read
 Read 2
 Read 3
 Read 4
 Read 5
 Read 6
 Blacklist

 Entertainment
 Events
 Help
 Jobs
 Products
 Schools
 Services

Op|UpBiblesBybelsLees|ReadLees 2|Read 2Lees 3|Read 3Lees 4|Read 4Lees 5|Read 5Lees 6|Read 6Rekenaar|ComputerRekenaar 2|Computer 2Rekenaar 3|Computer 3Rekenaar 4|Computer 4Reken nou net!Reken nou net! 2Reken nou net! 3Reken nou net! 4Reken nou net! 5Reken nou net! 6Reken nou net! 7Reken nou net! 8Reken nou net! 9Reken nou net! 10Reken nou net! 11Reken nou net! 12Reken nou net! 13Reken nou net! 14

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
ADSA: Carnival game * ADSA: Karnaval speletjie  

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2008
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads