|
 |
Meer oor ADSA
|
|
|
|
|
|
| 1.
Klagtes
ADSA poog
om ’n goeie diens aan die Christelike gemeenskap te lewer
met die fasiliteite, tyd en geleenthede tot ons beskikking. Hoewel ADSA sorg neem om Christelike norme te
handhaaf, onderskryf die redaksie van ADSA nie noodwendig
die standpunt van instansies, die gehalte van diens of selfs
die gehalte van produkte wat geplaas word op die webwerf
nie. Meld klagtes oor huidige
adverteerders aan by die webmeester
indien u dit nodig vind. Sien ook ons afdeling
Swartlys:
Internet bedrog, swendelary, rommelpos en swak maniere |
|
| 2. Opsies
ADSA lewer ’n diens deur klein advertensies
op die Internet te plaas, dikwels namens instansies of
persone wat nie self webspasie beskikbaar het nie.
Verwys na ons Gratis Plasings en
Voorwaardes vir Plasings, of
Betaal Opsies, om te sien watter keuse u sal pas. |
|
| 3. Opdaterings
Die ADSA webwerf word elke 6
na 8 weke gepubliseer en goedgekeurde gratis advertensie se
eerste plasing word sonder enige kostes geplaas. As kliënte
egter na plasings, wysigings of groot aanpassings of
opdaterings benodig, sal dit of ’n nuwe aansoek moet wees of
onder die Betaal Opsies, val.
Waglyste, die aard van die opdaterings, die nuwe inhoud van
die teks ens. sal alles bepalende faktore wees of die
opdaterings deur middel van ’n nuwe aansoek moet geskied of
oor moet skuif na die Betaal
Opsies, Enige navrae hieroor kan gestuur word aan ADSA
met behulp van die
Navrae en Kommentaarvorm |
|
| 4.
Sperdatums Die ADSA webwerf
word nie daagliks of weekliks opgedateer nie, maar loop op
lank vooruitbeplande siklusse. Dus word die huidige
sluitingsdatum vir aansoeke en die verwagte datum van
publikasie bo-aan ons aansoekvorm vertoon. Persone wat nie
binne daardie raamwerk van ons publikasiesiklusse hul
plasings wil laat maak nie, sal vir die daaropvolgende
uitgawe moet wag, of vir die
Betaal Opsie moet aansoek doen. Kyk ook by
Tussen-publikasies |
|
| 5.
Publikasiesiklusse
ADSA het ’n lang
publikasiesiklus, anders as met ’n dagkoerant, of sommige
ander webwerwe. Daar verskyn so elke 6 na 8 weke ’n uitgawe
van ADSA. Kyk ook by Tussen-publikasies
vir meer inligting. |
|
| 6.
Herpublikasies
ADSA het ’n lang
publikasie siklus, anders as met ’n dagkoerant of sommige
ander nuus webwerwe. Daar verskyn so elke 6 na 8 weke
’n uitgawe
van ADSA. GEEN herpublikasies word
tussenin gedoen nie. GEEN uitsonderings nie! Herpublikasies
vir aanpassings sal slegs gedoen word as die ontwerper of
ADSA personeel ’n fout begaan het, NIE as foutiewe inligting
aanvanklik verskaf was nie. Daar kan wel versoek word dat
’n
advertensie vir die daaropvolgende uitgawe herstel word. Kyk
ook by Tussen-publikasies vir meer
inligting. |
|
| 7. Tussen-publikasies
ADSA het ’n lang
publikasiesiklus, maar Tussen-publikasies word wel gedoen.
Kyk by die Betaal Opsies
vir meer inligting. |
|
| 8.
Soekenjins Sommige groot
soekenjins is baie vlug om inligting te indekseer, maar
andere neem baie langer, Dit neem
gemiddeld 2 tot 6 weke na publikasie om items behoorlik by
soekenjins opgeneem te laat kry, dus voordat die soekenjins
nuwe woorde sal vind of "raaklees". Vir maksimum benutting
van die Internetmedia, word dit sterk aanbeveel dat
advertensies met sperdatums, 30 tot 40 dae vooruit
ingehandig word. |
|
| 9. Area-Kodes
Verskaf asseblief ’n epos-adres (Slegs vir
kantoorgebruik). Verkieslik twee om kommunikasie tussen die
ADSA personeel en die applikant te vergemaklik.
Om die oes en misbruik van eposadresse te voorkom, word
eposadresse nie op ADSA vertoon nie. Navrae vanaf besoekers
word aangestuur, waarna adverteerders dan self die verwysing
moet opvolg. Telefoonnommers wat op die ADSA webwerf aangedui word is van
toepassing op Suid-Afrika, tensy anders aangedui, maar dit
is raadsaam om ook die toepaslike kodes te verskaf vir
buitelandse besoekers. Die Internet is by implikasie
Internasionaal. |
|
| 10.
Afgekeurde Aansoeke Indien
’n advertensie om die een of ander rede nie
geplaas kan word nie, sal die
aansoekers per epos daarvan in kennis gestel word. So ’n
besluit, om ’n item nie te plaas nie, bly uitsluitlik die
keuse van die webmeester. Enige items wat nie strook met die
Christelike morele waardes, of dit probeer afkraak of
aanstoot gee, sal nie geplaas word nie. Dieselfde geld vir
items wat op die swartlys voorkom, of enige vorm van bedrog
insluit. Dit bly ook die webmeester se reg om NIE REDES te
verskaf vir die afkeuring nie. |
|
| 11.
Swartlys Aansoekers wie se
name of webwerwe reeds by ander instansies op ’n swartlys
geplaas is, verbeur die voorreg om van ADSA se diens gebruik
te maak. ADSA hou ook ’n interne swartlys van webwerwe wat
skakel na onderwerpe of webwerwe wat teen Christelike morele
waardes is, dit probeer afkraak, of bespot. Aansoekers wat
na sulke webwerwe skakel, word ook nie goedgekeur nie.
Lees ook verder by:
ADSA se swartlys |
|
| 12.
Nuusbriewe Enige
toepaslike kommentaar kan gestuur
word aan ADSA met behulp van die Navrae
en Kommentaarvorm, maar moet asseblief nie die ADSA
kantoor oorspoel met allerlei nuusbriewe, humor-stukkies en
skyfiereekse, interne kennisgewings van u besigheid of
instansie, ens. nie. Ons dra ons aansoekers se belange na
aan die hart, maar die administrasie van súlke items neem
tyd, en bemoeilik die poshantering. Daar is wel twee tye wat
ons uitsonderings maak, nl. Paasfees en Kersfees. |
|
| 13.
Gemorspos ("Spam") ADSA se
borge het ’n broertjie dood aan gemorspos ("spam"). Nie
alleen oorlaai dit stelsels nie, maar vermors kosbare tyd en
bronne. Praat nie eers van die ongure items wat soms die
eposbusse probeer binnedring nie, waaronder virusse. Sedert
2004 het ADSA ’n beleid dat gemorspos aangemeld word by
betrokke instansies vir die misbruik van Internetdienste.
ADSA self stuur BESLIS en gewis NIE gemorspos uit nie, en
het ook nie gedurig nuusbriewe, kennisgewingkies, ens., wat
uitgestuur word nie. Die epos vanaf ADSA se kantoor is
toepaslik en is gewoonlik ’n verwysing of navraag wat
ontvang is in verband met u advertensie. |
|
| 14.
Kopiereg ADSA sal nie
advertensies plaas met kopiereg
materiaal (teks en/of prente) vanaf ander webwerwe nie. Neem
ook kennis dat alle materiaal op die ADSA webwerf onder
kopiereg is en dat prente, illustrasies, foto's, teks
en ander materiaal nie sonder ons skriftelike toestemming gebruik mag word nie.
Verontskuldiging
Die prente en foto's wat
in die kolom langs die verskeie advertensies se teks geplaas word is
onder kopiereg. Dit dien bloot ter illustrasie en is enkel
en alleen
deel van die webwerf-ontwerp se vertoon en versiering. Dit
dui geensins aan dat persone of entiteite in die prente die
advertensieteks, die produk, of diens, noodwendig goedkeur
of onderskryf nie. |
|
| 15.
Vertalings Die vertaling van
teks is nie deel van die GRATIS diens nie. Persone wat sulke
diens benodig moet vra om die hulp van ’n vertaler. Die
diens is uitsluitlike deel van die
Betaal
Opsies. |
|
| 16.
Plasing namens kliënte
Vrywillige werkers by ADSA, sowel as ander
personeel by ADSA, mag nie NAMENS
kliënte aansoeke plaas nie. Aansoeke moet deur kliënte self
ingevul en ingestuur word. Moet asseblief nie ons personeel
versoek om dit namens u te doen nie.
Aansoeke wat deur gewone eposse inkom word nie geplaas nie.
Sien ook Voorwaardes |
|
| 17.
Oproepe Vrywillige werkers
by ADSA, sowel as ander personeel, MAG NIE nie
telefoonoproepe maak of ontvang vanaf of na kliënte nie.
Alle kommunikasie moet via die navrae- of aansoekvorms, en
later met behulp van eposse geskied, sodat alle
onderhandelings en kommunikasie op rekord is. Moet asseblief
nie die personeel versoek om u telefonies te skakel nie. |
|
| 18.
Persoonlike inligting en Privaatheid
Vrywillige werkers by ADSA, sowel as
ander personeel, MAG BESLIS NIE aan kliënte privaat
inligting van ander personeel, die borge of ander kliënte
verskaf nie. Privaatheid is baie belangrik en word as sulks
behandel. Groot sorg word ook gedra dat alle privaat
inligting beskerm is en geen sogenaamde uitruil van adresse
of inligting vind plaas nie. |
|
| 19.
Sondae Alle aansoeke, navrae
en epos wat op ’n Sondag by ADSA se bediener ontvang word,
word eers die volgende besigheidsdag en daarna hanteer.
Dieselfde geld vir Christelike vakansiedae. |
|
| 20.
Spioenprogramme Moet
asseblief nie gebruik maak van eposprogramme wat berug is
vir hulle spioenware nie. ADSA se diensverskaffer aanvaar
nie eposse wat met sulke programme gestuur is nie en
vernietig die eposse summier. Dit gaan hier ook oor die
veiligheid van ons ander kliënte se inligting. Spioenware
kan rekenaarstelsels lamlê, sensitiewe inligting bekom en
misbruik. Geen eposse met sulke items word ontvang en
hanteer by ons bediener nie. |
|
| 21.
Personeel ’n Versoek word
gerig dat aansoekers en oud-kliënte ons personeel en
hulpwerkers met die nodige bedagsaamheid en respek hanteer.
Sonder hul vrywillige hulpdiens sal die voortbestaan van die
Gratis Afdeling baie moeilik wees. |
|
| 22. Navrae
Stuur ’n
navraag as u nie die inligting vind waarna u soek nie.
Dui duidelik en breedvoerig op die vorm aan wat dit is wat u wil weet en
maak seker u eposadres, waarna toe
geantwoord moet word, is korrek. |
|