ADSA FREE Advertisement Service for the Christian Community

Kuns 2|Art 2

 

 

 Opgedateer: 12 Januarie 2012 ** Updated: January 12, 2012

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 

English

Marco Bester

'n Veelsydige Kunstenaar

Marco Bester is 'n veelsydige kunstenaar met baie talent. Hy is 'n tekenkunstenaar, skrywer, skilder- en grafiese ontwerper met 'n vriendelike geaardheid en baie entoesiasme vir sy kunswerke.

  Kinderboekies

  Potloodsketse

  Muurskilderye of Muurversierings

  Lettername of Logo's

Kinderboekies

Marco het al 5 kinderboekies (eboekies) geskryf met die oulikste karaktertjies. Drie van die eboekies is in Afrikaans en twee is in Engels. Die boekie met die titel: "Pietie Padda en Vriende", sluit oa in oefeninge om te leer skryf, inkleurprente en ander soortgelyke aktiwiteite.

In hierdie aktiwiteitsboekie ontmoet die kinders vir Pietie Padda en sy vriende. Die boekie se boodskap handel oor die belangrikheid van gesonde verhoudinge en dat almal anders en spesiaal is. Die storielyn is maklik om te volg en word afgerond deur die gebruik van rymwoorde. Sodoende help dit om die boodskap van die inhoud of tema makliker te onthou. Kleurvolle illustrasies met 'n interessante storieraam-uitleg is deel van die aktiwiteitsboekie. Inkleur-oefeninge en sommer om syfers (1 tot 10) te oefen word ook ingeweef daarin. Heerlike vermaak vir die jongspan vir ouderdom 3 jaar en ouer. Dié boekie het ook 'n Engelse weergawe met die titel: "Meet Friday the frog and friends".


Pietie padde en vriende
geskryf deur Marco Bester
Kliek duimnael vir groter weergawe

Dan is daar die boekie-reeks wat die slim maatjie Marnus, 'n buiteruimse seuntjie as hoofkarakter het en al die avonture draai om hom. Daar is bv die boekies Marnus Maak Maats en Marnus Besoek die Dieretuin. Marco Bester se motivering vir hierdie boekie-reeks is om vir Afrikaanssprekende voorskoolse kinders van ouderdomme 3 tot 6 (of ouer), verhale in hul eie taal te bied, wat aspekte soos diversiteit, natuurbewaring, morele waardes, dissipline, behulpsaamheid, innovasie, tegnologie, probleem-oplossing, kreatiwiteit en meer aanspreek.

In diedebuutboekie kom hy in aanraking met twee aardlinge genaamd Willie en Susan (boetie en sussie), wat in die opvolgboekies kommunikeer met Marnus deur middel van epos vanuit sy ruimteskip.

Marnus Maak Maats: In die eerste boekie maak Marnus maats as hy 'n noodlanding maak in die agtertuin waar Willie en Susan woonagtig is. Die verhaal beskryf hoe hul ontmoet, 'n paar lewenslesse kom na vore en dit vertel dan verder hoe Willie en Susan vir Marnus help om weer by sy eie huis te kom.

Marnus besoek die dieretuin: In hierdie boekie besoek Marnus die dieretuin en beskryf die diere se kenmerkende eienskappe en gewoontes, deur middel van epos (Tegnologie) vanuit sy ruimteskip aan Willie en Susan (Interaksie). Die diere word so beskryf dat die kind wat lees, sy of haar verbeelding kan gebruik oor watter dier beskryf word, bv 'n kameelperd en dié se gewoontes (Opvoedkundig). Illustrasies van die betrokke diere word dan ook daargestel. Die lettergrootte is vet en groot, met elke geskrewe bladsy links en die illustrasie regs. Elke bladsy het sy eie illustrasie, wat sorg vir 'n vars, nuwe benadering en kleurvolle avontuur.

Marco Bester se boekiereeks oor Marnus
Kliek duimnaels vir groter weergawes

Een van die Engelse boekies is Johnny and the Thingamajigs. Lees meer daaroor byMarco Bester Versatile Artist.

Marco Bester se kinderboekies is oulike boekies wat belangrike lesse belig.

Potloodsketse

Met sy pragtige en lewensgetroue potloodsketse kom Marco se tekentalent werklik mooi na vore. Die potloodsketse is in wit en swart en meestal van kinders, maar hy maak sketse van jonk en oud. Oulike voorbeelde is bv. Pa en seun, oupa en kleinseun, ouma en die kleinkinders. Die kunswerke kan geraam word, maar is gewoonlik sonder raamwerk, omdat kopers dit oor die algemeen so verkies, sodat hulle self die raam kan gaan uitkies. Sulke potloodsketse is spog-items vir enige huis, maar word ook wonderlike erfstukke vir die nageslag. Die proses van hoe om te werk te gaan om 'n potloodskets te laat maak, word hieronder breedvoerig uiteengesit.

Marco Bester se potloodsketse
Kliek duimnaels vir groter weergawes

Bestel- en betaalproses van potloodsketse:

Kliënte wat belangstel, epos 2 tot 3 foto's van die betrokke kind of persoon/persone. Marco verkies die JPG formaat. Daar word ontvangs van die foto's erken en by hierdie geleentheid verlang hy 'n nie terug-betaalbare deposito (elektronies inbetalings via internet betalings-opsie geniet voorkeur). Daarna word die produk, wat 50% voltooi is, afgeneem en die foto per epos gestuur na die kliënt waarop die uitstaande balans verlang word - indien die kliënt tevrede is. Dan word (na gelang van die kliënt) die skets self afgehaal, of teen 'n fooi versend met versekerde geregistreerde pos. Die kostes wissel en word bespreek met die kliënt na aanleiding van die behoeftes. Marco se sketse is aansienliker goedkoper, aangesien die kliënt self die raamwerk van die kunsstuk hanteer. Raamwerk kan wel voorsien word op aanvraag, teen addisionele kostes, maar meeste kopers verkies dit nie, aangesien persoonlike smaak groot invloed het op raam-keuses.

Muurskilderye of Muurversierings ("murals")

Die blywende indruk wat 'n pragtige skildery kan maak is by ons almal bekend. Marco Bester skep buitengewone en pragtige muurskilderye, wat 'n gewone vertrek of area in iets heel besonders en pragtig-uniek omskep. Dalk soek u kleuterskool oulike versierings vir die klaskamers of gange. Miskien is daar 'n mooi muurversiering vir die kinder-of babakamer nodig. Dalk iets besonders vir die kerk se voorportaal, of 'n gastehuis of kompleks se ingang. Argitekte kan gerus Marco Bester se dienste oorweeg vir ontwerpe van sulke mooi afrondings vir 'n nuwe huis of woonplek. Sulke besondere muurwerk kan ook iets buitengewoon wees om nuwe kleur tydens restourasie en opkikkering van 'n ou huis te gee. Die interessante suurlemoenboom in die foto's hieronder is een so 'n skepping, wat baie aandag trek.

Marco Bester hard aan die werk aan 'n muurskildery (Suurlemoenboom)
Kliek duimnaels vir groter weergawes

Bestel- en betaalproses van muurskilderye:

Kliënte wat belangstel epos 'n beskrywing en/of geskandeerde idees (verkieslik in JPG) van wat verlang word. Marco skep dan 'n konseptuele aanbieding met 'n kwotasie. Indien die kliënt tevrede is, volg die reëlings vir die afspraak, waartydens die skildery of versiering geskep gaan word. Die deposito en/of volle betaling geskied min of meer soos met die sketse-proses. Hierdie werk is tans net beskikbaar in Pretoria en omgewing en reiskostes is van toepassing.

Op dieselfde wyse kan Marco ook oulike kommersiële versierings vir restaurante, kafees, eetlokale, boekwinkels, blommewinkels of talle soortgelyke plekke voorsien. Sukkel u om 'n gepaste versiering vir u winkelvensters of 'n bepaalde uitstalvenster of uitstalruimte te kry? Nader gerus vir Marco. Hy het oulike idees, tonne voorstelle en hy doen sy werk met sorg.


Marco Bester se vensterversiering
Kliek duimnael vir groter weergawe

Logo's of Lettername

'n Pragtige logo of letternaam bly belangrik en moet met insig en sorg ontwerp word. Logo's werk goed en kan prettig aangewend word vir bemarking op tientalle maniere.

Marco skep logo's of lettername, asook rekenaar-aanbiedings. U sal baie in u skik wees met die afgehandelde produk. Voorbeelde vir gebruike sluit in spanbou-logo's, skoolprojekte, werksprojekte, lapelle ("labels"), ontwerpe vir T-hemde en pette, besigheidskaartjies, partytjie-temas en vele, vele meer.

Bemark jou dienste of produkte met 'n pragtige logo. Die letternaam of logo wat Marco spesiaal vir jou ontwerp, sal beslis die aandag trek.


Marco Bester skep mooi logo's
Kliek duimnael vir groter weergawe

Bestelproses van 'n logo of letternaam:

Die kliënt epos die behoeftes en/of voorbeelde. Marco skep 'n konseptuele aanbieding met kwotasie ingesluit, en indien tevrede volg verdere reëlings.

Marco se skeppings verdien hoë vermelding, omdat dit so pragtig, kreatief en netjies afgerond is. Dit gee ook baie plesier aan sy lesers en kliënte.

As daar enige navrae is, skakel gerus vir Marco, of stuur 'n epos dmv die navraagvormpie en hy sal so gou moontlik met u kontak bewerkstellig.

  Navrae
  Tel: 084 509 4888

Aanbiedings kan gesien word met OpenOffice.org Impress (gratis) of Microsoft PowerPoint

 

 


 Algemeen
 Algemeen 2
 Algemeen 3
 Algemeen 4
 Algemeen 5
 Algemeen 6
 Algemeen 7
 Algemeen 8
 Algemeen 9
 Eiendom
 Eiendom 2
 Huis
 Huis 2
 Huis 3
 Huis 4
 Huis 5
 Huis 6
 Huis 7
 Huis 8
 Kuns
 Kuns 2
 Kuns 3
 Kuns 4
 Kuns 5
 Kuns 6
 Kuns 7
 Ontspanning
 Ontspanning 2
 Tegnies
 Tegnies 2
 Tegnies 3

 Produktekaart
 ADSA

 Dienste
 Gebeure
 Help
 Media
 Poste
 Skole
 Vermaak

 Products Map

 Art
 Art 2
 Art 3
 Art 4
 Art 5
 Art 6
 Art 7
 General
 General 2
 General 3
 General 4
 General 5
 General 6
 General 7
 General 8
 General 9
 Home
 Home 2
 Home 3
 Home 4
 Home 5
 Home 6
 Home 7
 Home 8
 Leisure
 Leisure 2
 Property
 Property 2
 Technical
 Technical 2
 Technical 3

 Entertainment
 Events
 Help
 Media
 Jobs
 Schools
 Services

Op|UpAlgemeen|GeneralAlgemeen 2|General 2Algemeen 3|General 3Algemeen 4|General 4Algemeen 5|General 5Algemeen 6|General 6Algemeen 7|General 7Algemeen 8|General 8Algemeen 9|General 9Eiendom|PropertyEiendom 2|Property 2Huis|HomeHuis 2|Home 2Huis 3|Home 3Huis 4|Home 4Huis 5|Home 5Huis 6|Home 6Huis 7|Home 7Huis 8|Home 8Kuns|ArtKuns 2|Art 2Kuns 3|Art 3Kuns 4|Art 4Kuns 5|Art 5Kuns 6|Art 6Kuns 7|Art 7Ontspanning|LeisureOntspanning 2|Leisure 2Tegnies|TechnicalTegnies 2|Technical 2Tegnies 3|Technical 3

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
ADSA: World and Blue Butterflies  

ADSA Produkte: Bybels vir Aflaai, engel / ADSA Products Download Bibles, angel

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2012
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads