Privaat Skoolvakke Aangebied
Kempton Park-omgewing
Ons bied privaat lesse aan vir studente of leerlinge vanaf graad 3 tot 12. Daar is ongeveer 5 kinders in 'n groep, maar individuele lesse of hulp kan ook aangebied word op aanvraag. Kinders van dieselfde graad word saam gegroepeer, al is hulle vanuit verskillende skole. Leerlinge kan sodoende 'n beter voorskou kry van wat in die sillabus is. Die sessies is 2 ure per dag en beloop 8 ure per week. Daar word op praktiese wyse saam met die kind deur moeilike stappe gewerk, om te bepaal of die kind die inhoud verstaan. Ons bied bogenoemde klasse aan vanaf die Hoërskool Birchleigh, gewoonlik vanaf 2nm tot 7nm weeksdae. Ons bied ook Saterdae vanaf die huis klasse aan tussen 8vm en 2nm. Daar is ook klasse tydens skoolvakansies, behalwe die Desembervakansie. Veral met die rekord-eksamen om die draai, bied ons nou privaat klasse aan in die volgende vakke: Wiskunde, Afrikaans, Engels en Rekeningkunde. Skakel ons gerus vir meer inligting oor ons diens. Ons het 'n passie vir kinders en wil hulle help om sukses te behaal.
Tel: 072 573 1733 of 083 591 9548 |
|