Gospel- en Countrysangers Jan en Des
| Die sangers Jan en Des het 26 CD's en 1 DVD beskikbaar in die gospel- en countrymusiek
genres. Titels van hul CD's sluit oa in: Roep My aan; Die Koning kom; "He is my peace"; "Just between you and me"
en "More of you". Hulle is ook bevoorreg om hul eie opname-ateljee te bestuur, waar die hulp van 'n briljante musikant beskikbaar is. Hulle is geleë in Emily Hobhouse 3, Despatch, net buite Port Elizabeth.
|

Kliek duimnael vir groter weergawe |
| |
|
Jan en Des tree landwyd op as hulle uitnodigings ontvang. Verskeie venues word besoek, selfs winkelsentrums. Daar is slegs vervoerkostes ter sprake vir optredes en Jan en Des verkoop dan ook by sulke geleenthede hul musiek CD's.
Opname-tariewe vir musiekkunstenaars is R2900 vir so plus minus 12 liedjies. Dit sluit in registrasie, die voorbladontwerp en 20 gratis CD's met 'n volledige agtergrondmusiek CD met alle agtergrondstemme in. Agtergrondmusiek werk so R120 per snit uit wat spesiaal net vir die kliënt gemaak word. Hulle kies die regte stemtoon en instrumente wat die kunstenaar se stem komplimenteer.
|
| |
|

Kliek duimnael vir groter weergawe |
Goedkoper sal 'n sanger nooit kry nie. Afstand is ook geen probleem nie. Hulle doen werk regoor die land. Jan en Des doen ook die oorplasing van videobande na DVD, asook band na CD. J+D Recording Studio doen enige werk wat met musiek te doen het, bv die ontwerp vir 'n CD buiteblad. U noem dit en hulle doen dit.
|
| |
| Kunstenaar, doen jouself 'n guns en kontak Jan en Des by J+D Recording Studio. Hulle doen net die beste werk teen die allerlaagste pryse, omdat hulle onnodige kostes wil vermy en die kunstenaar se belange op die hart dra. |
Pryse is onderhandelbaar en daar is gereelde promosies!
|
Faks:
071 642 3008 of 041 933 3877 |
Jan en Des se musiek
Volume 1 Jan en Des GOSPEL
Volume 2 Hoe sê mens dankie
Volume 3 Jesus is die Anker
Volume 4 Hemelvader
Volume 5 Uit Genade is jul gered
Volume 6 He is my Peace
Volume 7 He's Sending Miracles
Volume 8 Sout van die Aarde
Volume 9 Goue jare
Volume 10 Volg die Ster
Volume 11 Ek en my Huis sal die Here dien
Volume 12 Sing along Christmas Carrols
Volume 13 Love one another
Volume 14 Stand Beside Me
Volume 15 Roep My aan
Volume 16 Raak My aan
Volume 17 English Collection
Volume 18 2nd English Collection
Volume 19 Hy's die Liefling van my Siel
Volume 20 3rd English Collection
Volume 21 4th English Collection
Volume 22 Die Koning Kom plus DVD met Uitbeelding van die Nagmaal
Volume 23 The Anchor holds
Volume 24 Country CD Just between you and me
Volume 25 Country CD More of you
Volume 26 Country CD My woman's love
Jan en Des se gospel- en countrymusiek is beskikbaar teen R70 per CD en R150 per DVD.
Hulle aanvaar bestellings en CD's kan dan gepos word. Navrae hoe om te werk te gaan om van hulle pragtige CD's te bekom, is baie welkom.
|
Faks: 071 642 3008 of 041 933 3877 |
|