|
Nantes en Adèle ontmoet mekaar tydens 'n konsert by 'n gemeente in Waverly, waar hulle onderskeidelik solo's sing. Hulle is op 26 September 1998 getroud. In 1999 begin hulle met klassieke sangopleiding.
Nantes en Adèle se eerste CD, getitel "My Somerson", is op 5 Maart 2003 vrygestel tydens 'n spesiale geleentheid waar ander talentvolle Suid-Afrikaanse sangers, soos Janita Claasen, teenwoordig was.
|
|
Die tweede vrygestelde CD van Nantes en Adèle is "Alles in oorvloed". Die liedjie "Alles in oorvloed" is geskryf en getoonset deur Adèle. Dit word nog gereeld deur Radio Kansel in uitsendings gebruik.
Op 13 Maart 2004 neem hierdie talentvolle duet deel aan Smul en Sang op Ermelo saam met ander bekende sangers, oa Helena Hettema en Manuel Escorcio.
Nantes en Adèle tree landswyd op by verskeie funksies, korporatiewe byeenkomste, openingsgeleenthede, feeste en by talle gemeentes.
|

Kliek duimnael
vir groter weergawe |
Enkele snitte op "My Somerson" is oa: Rooi Rose, My Somerson, Net soos 'n kind, Hopeloos Verlore en "Amigos Para Siepre" (Friends For Life).
Sommige snitte op Nantes en Adèle se CD "Alles in oorvloed" sluit titels in soos: Alleluja, Blye Versekering, Jerusalem, Vroeg Een Vrydagmôre en "Let Your Living Waters"
|

Kliek duimnael
vir groter weergawe |

Kliek duimnael
vir groter weergawe |
Nooi gerus hierdie duetpaartjie uit vir u volgende spesiale geleentheid. Hulle sang is pragtig en hulle reis dwardeur die land vir sangoptredes. Dié sangpaar kan gekontak word by enige van die onderstaande telefoonnommers, of stuur andersins 'n eposnavraag.
Tel: 079 040 4795 of 012 372 3635 |
|