| Sybrand is nie net 'n talentvolle sanger nie, maar ook
bedrewe met die skryf van liedjies en hy speel ook ander musiekinstrumente,
soos die trompet en kitaar. Hy is welbekend vir sy geestelike liedjies en as
Christen, sien hy sy sang en musiektalent as instrument en deel van sy
bediening. Sy debuut-CD bevat liedjies soos: 'n Nuwe Dag; Weet Jy; U
is my Koning, asook ou bekende geestelike liedjies soos: Houtkruis; Sweef
soos 'n Arend en vele meer.
Sybrand, wat al dikwels die verhoog saam met verskeie
ander Christen-kunstenaars gedeel het, word gereeld gesien by feeste
en kerkdienste. Hy tree ook oa op by troues en kampe en waar hy ookal deur
die Here gelei voel om op te tree.
|
Sybrand Kleingeld
Kliek duimnael vir groter weergawe |