ADSA Gratis Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap

Poppeteater

 

 Opgedateer: 12 Januarie 2012 ** Updated: January 12, 2012

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 
English

Pretmakers Vermaaklikheid en Poppeteater-Opleiding

Christelike bediening deur humor en vermaak

Kliek duimnael vir groter weergawes
ADSA: Merrymakers Clowns
Die Pretmakers Vermaaklikheidsgroep, ook bekend as Merrymakers Entertainment, is 'n Christelike besigheids-bediening wat al 22 jaar deur Suid-Afrika beweeg en opvoerings, opleiding en spel hou, met die primêre doel om 'n verskil in jong lewens te maak. Dit gaan ook daaroor om jongmense te aktiveer en te mobiliseer vir Jesus Christus.ADSA: Kitty Cat Puppet Show * Poppespel

Hierdie baie ervare en talentvolle vermaaklikheidsgroep bedien interkerklik, omdat die Liggaam van Jesus Christus vir hulle 'n teer en uiters belangrike saak is. Waar die Vermaaklikheidsgroep van Pretmakers se narre en Mitsie die singende hondjie uitgenooi word, tree hulle graag op. Mimiek en poppespel is ook deel van die pret.

ADSA: Merrymakers Mime * Pretmakers MimiekDie fokus is op die jeug tussen die ouderdomme van 4 tot 12 jaar, alhoewel Merrymakers se narre al opgetree het by gemeentes en aftree-oorde. Die aanbiedings van hierdie bediening word prettig uitgevoer en baie humor is betrokke. Deur God se genade is vele gesigte opgevrolik en siele ook geestelik verryk deur die Evangelieboodskap wat deur die jare op die arbeidsveld aangebied is.ADSA: Pretmaker Happy Chappy

 

Kinders is die span se passie, juis daarom hulle glo dat kindertjies die BBP's in God se Koninkryk is. Die groep is ook baie betrokke by welsynsaksies.

Met hul poppeteater-, spel-, narre-, dans- en mimiek-opleiding, ADSA: Mitsie die singende hondjie * Mitsie the singing doggiepoog hulle ook om kinders te help om hul talente ten volle te ontwikkel en aan te wend tot uitbreiding aan die Koninkryk van God. Opleiding in mimiek, poppespel, grimering, speltegniek, oorklankings en draaiboekskryf is alles deel van die opleiding wat beskikbaar is.ADSA: Merrymakers Puppets * Pretmakers Poppespel

'n Hele aantal CD's en DVD's met sterk geestelike inslag, asook oulike inkleurboeke, prettige vormballonne, kunstige poppekaste, allerlei groottes pragtige handpoppe en goed saamgestelde geskenkpakkies vir kinders, is te koop by hierdie ywerige span.

Skakel of stuur gerus 'n navraag as u die Pretmakers Vermaaklikheidsgroep wil uitnooi vir 'n optrede, gebruik wil maak van hul opleidingsdienste, of as daar enige vrae oor hul groot verskeidenheid pret-en-plesier-produkte is.

DANKIE, u ondersteuning word geweldig waardeer!

 

  Navrae
  Webwerwe: puppettheatretraining.yolasite.com en kidsjoy.yolasite.com
  Tel: 072 746 0093

Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan
en verhinder hulle nie om na My te kom nie;
want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.
(Matthéüs 19:14)

 
Ander kunstenaars
 
 

 

Kunstenaars
Sangbediening
Tydskrif
Musikant
Gospelsanger
Gospel Country
Kinderteater
Poppeteater
Vermaak
Vermaak 2
Vermaak 3
Vermaak 4
Vermaak 5
Vermaak 6
Vermaak 7

Dienste
Gebeure
Help
Media
Poste
Produkte
Skole

ADSA
Vermaakkaart

Entertain Map

Artists
Magazine
Gospel Singer
Kids' Theater
Puppet Theatre
Entertain
Entertain 2
Entertain 3
Entertain 4
Entertain 5
Entertain 6
Entertain 7

Events
Help
Jobs
Media
Schools
Services
Products

Op|UpArtists|KunstenaarsKunstenaars|ArtistsSangbedieningTydskrifMagazineGospel SingerGospelsangerGospel En CountryPuppet TheatrePoppeteaterKinderteater|Kids' TheaterVermaak|EntertainmentVermaak 2|Entertainment 2Vermaak 3|Entertainment 3Vermaak 4|Entertainment 4Vermaak 5|Entertainment 5Vermaak 6|Entertainment 6Vermaak 7|Entertainment 7

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
ADSA: Monkey looking at the world  

ADSA Vermaak-afdeling, engel: Laai Bybels af**Download Bibles

 

Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2012
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ad