ADSA Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap

Corjohn Produksies

 

 Opgedateer: 24 Mei 2008 ** Updated: May 24, 2008

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 
 

Corjohn Produksies

Plate na CD

Corjohn Produksies lewer 'n diens deur die oorsit van ou plate na CD. Dit sluit in alle spoed plate, naamlik met draaisnelhede van: 78, 16 (16 2/3), 33 (33 1/3, "long play") en 45 ("seven single"). Baie mense maak van ons diens gebruik vir geskenke vir verjaarsdae, Kersfees en talle ander spesiale geleenthede.

Ons is in Pretoria gesetel, maar persone van ander dele van die land is welkom om ons te skakel. Ons hanteer take landwyd met behulp van koerierdienste. Die omskakel-proses word professioneel hanteer en die voltooide produk is dan 'n pragtige splinternuwe CD. Die omslag word in mooi volkleur gemaak en die snitte word ook op die agterkant van die CD kassie aangebring. Omdat ons die CD maak dat dit net soos die langspeelalbum lyk, doen ons 1 album of CD. Indien mense los snitte, van verskeie plate af op 'n CD wil hê, kan hulle vra vir 'n spesifieke foto op die omslag. Baie mense hou daarvan om byvoorbeeld 'n "Piet se gunstelinge" CD te laat maak met 'n foto van Piet daarop.

Vir gewone 33-spoed langspeelplate vra ons R50 en dit sluit die CD en omslag in. Die 16-spoed plate se prys is R80, omdat dit so baie lank neem om dit oor te sit. Vir los snitte vra ons R5 per snit, met 'n minimum van 15 snitte per CD. Alle plate word natuurlik teruggegee aan die kliënt na afhandeling van die werk.

Ons het ook 'n baie groot versameling plate. Mense is welkom om te skakel indien hulle opsoek is na 'n spesifieke plaat. Die kans is goed dat ons wel die album beskikbaar sal hê. Vir meer inligting stuur 'n epos of skakel na enige van die onderstaande nommers. Ons is tot u diens.

 

Tel: 072 534 7753 of 012 565 6151

 
 
Ander kunstenaars
 
 

 

Kunstenaars
Musikant
Corjohn
Kinderteater
Vermaak
Vermaak 2
Vermaak 3
Vermaak 4
Vermaak 5
Vermaak 6

Dienste
Gebeure
Help
Media
Poste
Produkte
Skole

ADSA
Vermaakkaart

Entertain Map

Artists
Kids' Theater
Entertain
Entertain 2
Entertain 3
Entertain 4
Entertain 5
Entertain 6

Events
Help
Jobs
Media
Schools
Services
Products

Op|UpArtists|KunstenaarsKunstenaars|ArtistsMusikantCorjohn ProduksiesKinderteater|Kids' TheaterVermaak|EntertainmentVermaak 2|Entertainment 2Vermaak 3|Entertainment 3Vermaak 4|Entertainment 4Vermaak 5|Entertainment 5Vermaak 6|Entertainment 6

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
ADSA:Pretpark Genot * ADSA:At the Amusement Park  

ADSA Vermaak-afdeling, engel: Laai Bybels af**Download Bibles

 

Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2008
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads