ADSA Gratis Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap

Voorwaardes

 

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

Tuisblad / HomeAfrikaanse InfoGratis AdvertensiesVoorwaardesMeer oor ADSAAansoekvormBetaal OpsiesNavraeWerfkaart|Site MapEnglish InfoFree AdsConditionsApplicationPaid OptionsMore about ADSAInquiries
Gratis Advertensies ** Free Ads

 

Opgedateer: 16 Mei 2013 ** Updated: May 16, 2013

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 

 
English

Voorwaardes vir Gratis plasings

1. Aansoeke  
2. Aantal aansoeke  
3. Groot maatskappye  
4. Eiendomme  
5. Ander advertensie maatskappye  
6. Voertuie  
7. Bedrog  
8. Ander advertensies  
9. Erkenning van ontvangs  
10. Voorstelle  
11. Gebroke skakels  
12. Hantering van verwysings  
13. Kliënte voorsien  
14. Foto's vir unieke produkte  
15. Webgashere  
16. Aanvullende inligting  
1. Aansoeke

Alle versoeke moet deur die aansoekvorm geskied. Personeel by ADSA mag nie namens kliënte aansoeke invul en stuur nie. Alle aansoeke gaan deur ’n goedkeurings-proses.

2. Aantal aansoeke

Slegs 2 aansoeke per kantoor/maatskappy/besigheid word aanvaar. Dit sluit ook hulle verteenwoordigers, agente of takkantore in.

3. Groot maatskappye

Groot maatskappye, organisasies of instansies, asook hulle affiliate, verteenwoordigers, agente, konsultante en takkantore, kwalifiseer nie vir gratis advertensies nie. Sulke aansoeke vir gratis advertensies sal nie beantwoord word nie. Groot maatskappye, organisasies of instansies kan versoek dat die nodige aansoekvorms aan hulle gestuur word.

4. Eiendomme

Eiendomme: (Sluit in akkommodasie, verkope en verhurings, van eiendomme en besighede) Aansoeke vir die adverteer van eiendomme moet minstens een foto van die eiendom stuur, sodra die kantoor met u skakel om u aansoek te bevestig. Eiendom-aansoeke sonder ’n foto of illustrasie, sal ongelukkig nie geplaas kan word nie.

As die ontwerper spesiaal vir u ’n prent moet skep of ontwerp wat by u eiendom pas, val dit onder die Betaal Opsies (sien punt 9). Daar kan wel met die ontwerper ooreengekom word om vir ’n bedrag van R75 ’n ontwerp vir u te skep, as die werkskedule dit toelaat.

5. Ander advertensie organisasie

Ander advertensie maatskappye, organisasies, webwerwe of soortgelyke advertensie instansies kwalifiseer NIE vir die gratis afdeling nie.

6. Voertuie

Voertuie: Motors, vragmotors, karavane, bakkies, motorfietse, bote en ander voertuie, moet minstens een foto stuur, sodra die kantoor met u skakel om u aansoek te bevestig. Voertuig-aansoeke sonder foto's sal ongelukkig nie geplaas kan word nie.

7. Bedrog

Allerlei sg. werk-van-die-huis skemas/bedrog, e-tik of data prosesserings-foefies word glad nie by ADSA geplaas nie. Vir meer inligting sien: SWARTLYS

8. Ander advertensies op die Internet

Persone wat reeds op 2 ander plekke op die Internet adverteer, kwalifiseer NIE vir die gratis afdeling nie. As ’n bepaalde item, produk of diens reeds op 2 ander plekke op die Internet blootstelling het of geadverteer word, sal dit NIE vir die gratis afdeling kwalifiseer nie.

9. Erkenning van ontvangs

Erken asseblief ontvangs van eposse wat ontvang word vanaf die ADSA kantoor persoonlik. GEEN outomatiese antwoorder ("autoresponder") nie, asseblief! Persone wat nie reageer wanneer items bevestig moet word nie, word outomaties gediskwalifiseer.

10. Voorstelle

Gee asseblief aandag aan die versoeke of aanbevelings om die advertensie plasing suksesvol te laat verloop.

11. Gebroke skakels

Advertensies word tydens elke voorbereiding van publikasie hersien vir foute en gebroke skakels. Advertensies met webwerf-adresse wat nie meer werk nie, word dan dadelik verwyder, al is die toegekende 2 maande periode nog nie uitgeloop nie.

As daar "Onder konstruksie" bladsye  op ’n webwerf voorkom, sal die aansoek waarskynlik afgekeur word. Dieselfde geld ook as die webbladsye nie bruikbaar is in oopbron-snuffelprogramme soos SeaMonkey en Firefox nie.

12. Hantering van verwysings vanaf ADSA

ADSA stuur navrae en verwysings so gou doenlik aan na ons kliënte, maar aansoekers hanteer daarvandaan self alle verwysings of navrae wat voortspruit uit die advertensies. GEEN korrespondensie sal NAMENS die aansoeker hanteer word nie.

13. Kliënte se bydrae

Kliënt voorsien:
      a. Alle besonderhede soos by die Gratis Advertensie Aansoek benodig.
      b. Teks van advertensie (en ’n foto soos aangedui by nr 4 hierbo, asook nr 6 hierbo, of nr 14 hieronder). Teks moenie kripties wees nie. Redigerings mag toegepas word. ADSA doen nie gratis vertalings nie. Moet dus nie ons personeel versoek om vir u ’n advertensie gratis te vertaal nie. Vir meer inligting oor vertalings kyk by die Betaal Opsies.

14. Foto's vir unieke produkte

In gevalle waar ’n besonderse produk ter sprake is, mag die kliënt versoek word om foto's wat die unieke produk vertoon, te stuur.

15. Webgashere

Webgashere ("web hosts") kwalifiseer nie vir gratis advertensies nie. Webgashere kan  versoek dat die nodige aansoekvorms aan hulle gestuur word. Sien Betaal opsies.

16. Aanvullende Inligting

Lees die afdeling Meer oor ADSA advertensies vir aanvullende inligting oor die volgende belangrike items:

 

 

ADSA
Werfkaart
Inligting
Gratis Plasings
Voorwaardes
Aansoekvorm
Meer oor ADSA
Betaalopsies
Navrae

Dienste
Gebeure
Help
Media
Poste
Produkte
Skole
Vermaak

ADSA
Site Map
Information
Free
Conditions
Application Form
More About ADSA
Paid Options
Inquiries

Entertainment
Events
Help
Jobs
Media
Products
Schools
Services

 

Tuisblad / HomeAfrikaanse InfoGratis AdvertensiesVoorwaardesMeer oor ADSAAansoekvormBetaal OpsiesNavraeWerfkaart|Site MapEnglish InfoFree AdsConditionsApplicationPaid OptionsMore about ADSAInquiries

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     

ARK Webontwerp

ARK Web Design

ADSA Werfkaart: Bybels vir Aflaai, engel / ADSA Werfkaart Download Bibles, angel

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2013
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads