Meer oor ADSA
- ADSA lewer 'n diens deur klein advertensies op die
Internet te plaas, dikwels namens instansies of persone wat nie self webruimte
beskikbaar het nie. Omdat ADSA poog om 'n diens aan die breër
Christen-gemeenskap te lewer, word streng keuring toegepas.
- Die volgende produkte en dienste bly gewild by ADSA:
- Toere en daguitstappies. (Navrae van besoekers oor toere
of uitstappies, waarin Christelike gebeure aandag geniet, word
gereeld ontvang)
- Gastehuise, waar die Christen met respek en
vriendelikheid hanteer word
- Akkommodasie vir kerkgroepe
- Veilige ontspannings-areas vir Christelike jeuggroepe
- Kleiner boekwinkels of boekruil-groepe met goeie
Christelike leesstof
- ADSA se fooie (waar van toepassing), is vir die
tegniese dienste, NIE vir webspasie NIE.
- Die ADSA webwerf word elke 6 na 8 weke opgedateer, na
gelang van omstandighede. Dit neem gemiddeld nog 'n verdere 2 tot 6 weke na
plasing, voordat die soekenjins nuwe woorde sal vind. Vir maksimum benutting van
die media, word dit gevolglik sterk aanbeveel dat advertensies met sperdatums, 30 tot 40
dae vooruit ingehandig word. ADSA se volgende publikasie-datum, asook
sluitingsdatum, word heel bo aan die
aansoekvorm aangedui.
- Vir meer
inligting, sien die
Inligtingsbladsy by ADSA.
Gebruik asseblief ADSA se
aansoekvorm as u 'n advertensie wil laat goedkeur vir plasing. Kyk na
die
GRATIS Plasings
of
Betaal
Opsies om te sien watter keuse u moet maak.
- Enige aanvullende kommentaar
vir die ADSA webwerf
kan
hier gestuur word. Stel asseblief u navraag so
duidelik moontlik.
Hoe verskil ADSA van ander
soortgelyke dienste?
ADSA
is nie 'n interaktiewe webwerf waar enige persoon maar bloot net inhoud
kan gaan opplak na willekeur nie. Die webwerf word op
'n gereelde basis hernu en die inhoud word periodiek nagesien vir
toepaslikheid. Slegs goedgekeurde inligting word vertoon.
By die ADSA webwerf word aansoeke gekeur binne die
Christelike geloofsoortuiging van die personeel, eienaars en borge.
Sodoende word daar verhoed dat onsmaaklike of onvanpas items vertoon,
wat deesdae maar al te groot deel van meeste van die media uitmaak. Dus
daardie afkeurwekkende items wat die Christelike gemeenskap gedurig
beledig, bespot, afkraak of belaglik probeer maak, word ten alle koste
vermy. Bykommend word onsmaaklike immorele items, met afvallige
assosiasies, summier afgekeur en beslis nie geplaas nie. Internet "get
rich quick"-foefies en Internet-bedrog of -kullery vorm nie deel van die
inhoud nie. Die verwysings van besoekers word opgevolg. Daar word ook
gepoog om Engelssprekendes te help, maar nie ten koste van die
Afrikaanssprekendes van die gemeenskap nie.
Die teks word taalkundig baie goed versorg, gebroke
skakels verwyder en kliënte en hul privaat inligting met sorg hanteer. |