|

ARK Webontwerp Borgskappe
Die toekennings van borgskappe by die Afrikaanse afdeling van ARK vir 2013
het reeds begin en moontlike kandidate word nou oorweeg.
Navrae oor 'n borgskap van 'n webwerf by ARK Webontwerp kan gestuur
word met behulp van die navraagvorm. Lees ook meer hieronder by
Algemene inligting oa aan watter persone of
items aan voorkeur gegee word, asook by
Keuring.
Huidige Borgskappe
Dit bly ons voorreg om 'n aantal persone en instansies aan te hou borg. Sommige is ook bygevoeg in 2011 en 2012, veral by die ADSA-webwerf. Dit sluit in volblad-inligting vir die volgende persone of instansies:
Die volgende was reeds voor of tydens 2010 bygevoeg:
By ARK se borgkliëntelys vir volledige statiese webwerwe is die onderstaande webwerf bygevoeg in 2012:
By ARK se borgkliëntelys vir volledige webwerwe is die onderstaande bygevoeg in 2011:
-
Maggie se Keurige Kunswerke
met besondere kunswerke in skilderwerk, juwele, kerse, versierde botteltjies en inkleurboeke. Kyk by die
ARK Kliëntelys vir meer inligting oor hierdie talentvolle kunstenaar en haar uitmuntende produkte.
'n Volledige
kunstenaarslysie (artist list) van talle kunsprodukte soos mooi pophuise, kerse, skilderye, juwele en so meer, is beskikbaar by
ADSA se eie webwerf.
Dankie aan almal wat ons kliënte so pragtig ondersteun. Dit word baie waardeer.
Algemene inligting oor borgskappe
van webwerwe by ARK
- Die borgskappe is vir statiese webtuistes,
nie vir interaktiewe webwerwe nie. Die webwerf word dus hoofsaaklik
aangewend vir die vertoon van inligting en sluit nie 'n winkel wat
aanlynverkope kan hanteer, in nie. Dit kan wel aanvullend verskaf
word.
- Hoewel die webwerfborgskappe deur ARK se
Afrikaanse afdeling voorsien, ontwerp en onderhou word, is meeste
van die webwerwe tweetalig, tensy die borgkliënt dit anders verkies.
Die voertaal tydens die ontwerpwerk is en bly egter Afrikaans.
- Die grootte van die webwerf word bepaal deur die
pakket wat aan die kliënt toegestaan word. Die webwerf kan so min as
3 bladsye wees en tot so veel as 9 bladsye as die toekenning dit
toelaat.
- 'n Vereiste is dat die borgkliënt daagliks goeie
internet toegang moet hê. 'n Goeie digitale kamera vir foto's sal
ook handig wees as daar produkte ter sprake is.
- Besoekers mag moontlike kandidate aanbeveel.
Gebruik die Navraagvorm en gee soveel
besonderhede moontlik oa die naam en eposadres van die persoon wat u
wil aanbeveel.
- Alle kommunikasie word slegs per epos hanteer.
- Borgkliënte het geen kostes voor, tydens of na
die borgskaptydperk nie, tensy daar pertinent gevra word vir
aanvullende dienste wat nie deur die borgskap gedek word nie.
Kwotasies word vooraf en punt vir punt gegee en per epos verskaf in
sulke gevalle.
- By oorweging van borgskappe, word voorkeur gegee aan die volgende:
- Persone wat 'n klein tuisnywerheid op die been wil kry met besondere uitrustings soos trourokke en pragtige geborduurde modeskeppings of ander kunsnaaldwerk-produkte.
- Bejaardes wat 'n ekstra inkomste wil verdien met mooi handwerkprodukte soos byvoorbeeld,
brei-, hekel of weef-items. Dit sluit ook in handgemaakte speelgoed soos oulike lappoppe en teddiebeertjies, onderbaadjies of sakke van laslappies,
oulike brakkie-jakkies of poprokkies, artikels van tekstiel-knoop en doop,
mooi babaklere, voorskote, serpe en so meer.
- Huisvrouens of tuisteskeppers wat sakgeld wil verdien met enige van die volgende: gebak, oulike verjaardag- of troukoeke, tuisgemaakte lekkergoed,
terte, tertjies of koekies. Ook produkte van batik, macramé knoopwerk, pragtige of handige naaldwerk-items
soos sakke of ander soortgelyke produkte.
- Christelike organisasies, skole met Afrikaans as hooftaal, kleuterskole,
dagmoeders, speelgroepies en kerke.
- Persone wat die beursie wil probeer aanvul deur die verkope van mooi kunswerke of kuns-artikels soos knopies of lapelwapens, kerse,
skilderye, pottebakkery houtsneewerke, krale-ryg, produkte met
mooi smok-of kantwerk of soortgelyke kuns-items.
- Kliënte wat reeds in Afrikaans by die ADSA-webwerf adverteer. As u reeds by ADSA geadverteer het in die verlede of tans u produkte of diens daar adverteer en belangstel om u naam op die lys vir oorweging van 'n statiese webwerf wil laat plaas, stuur gerus 'n
navraag en gee besonderhede waarvoor u 'n webwerf sal wil gebruik.
Ons stuur met graagte meer inligting oor die termes.
- Mense wat nog nie 'n eie webwerf het nie of
na 'n beter ene verlang.
- Persone wie se dienste of produkte wat nie reeds op
der duisende ander plekke op die Internet bemark word of blootstelling het nie.
- Persone wat nie agente, verteenwoordigers of affiliate is, of deel van 'n groot maatskappy vorm nie.
Voorstelle vir oorwegings van ander dienste en produkte wat nie hierbo genoem word nie, sal ook ondersoek word.
Keuring
Keuring vir webwerf-borgskappe by ARK is uiters streng. Persone
wat skaam is om hul Christenskap te belei en uit te leef moet liefs
nie aansoek doen nie. Kandidate moet beslis baie goeie epos-toegang hê en bereid wees om met entoesiasme saam te werk om die webwerf te laat realiseer.
Navrae oor termes en voorwaardes oor bogenoemde en hoe om 'n statiese webwerf te probeer bekom of voorstelle is welkom.
 |
 Kindervermaak en stokperdjies
deur Christen-Kunstenaars
Is u 'n kunstenaar of sommer net 'n amateur wat kindervermaak met goeie smaak aanbied? Poppeteater of sang? Dalk bied u
kuns-, musiek- of balletklasse of ander stokperdjieklasse aan vir kleuters of kinders. Miskien bied u heerlike kinderpartytjies met temas of oulike idees aan, laat dan gerus van u hoor.
Skole, kleuterskole, kerk-organisasies, ens. is ook welkom om vir ons te laat weet as daar oulike verrigtinge vir die jongspan in die kontrei plaasvind. Of dit nou 'n eenmalige gebeurtenis is soos 'n kermis of fees, of op gereelde basis plaasvind.
Vul asseblief die
GRATIS advertensie
aansoek by die ADSA webwerf in met die nodige inligting. |